Alhoewel daar fondasies van die Britse garnisoen se geboue uit die Anglo Boere-oorlog op die sypaadjie raakgegrawe is, is daar gelukkig nog fondasies in die gholfbaan wat behou word.
Me. Yolandi Koeleman (Middelburg Erfenis) sê hulle het nie eers geweet dat daar op die sypaadjiegedeelte, net buite die gholfbaan, nóg van hierdie fondasies is nie.
“Ek glo talle huise in Gholfsig staan waar van hulle geboue gestaan het.”
• Daar was op ’n stadium 3 000 Britse troepe, wat Middelburg tydens die Anglo Boere-oorlog beset het, daar gestasioneer en me. Koeleman het ’n foto gestuur van hoe groot area hulle beset het.
Die fondasies is duidelik onder die grondoppervlak sigbaar.
Nog ’n lid van Middelburg Erfenis, dr. Kobus Terblanché, sê dat hy en mnre. Kees Taljaard en Jan Potgieter jare gelede ’n bordjie opgerig het net binne die lyndraad van die gholfbaan om mense bewus te maak van die fondasies op die gholfbaan.
Daar is gelukkig nog duidelike fondasies in die gholfbaan sigbaar en dr Terblanché sê dat dit ten alle koste bewaar moet word.
• Die Britte het ook die bruggie by die gholfbaan gebou. Hulle het tydens die oorlog ’n gat gegrawe waaruit water vir die soldate geskep is. Hierdie gat is ook nog op die gholfbaan te sien.
Me. Yolandi Koeleman het dié foto gestuur waar die Britse troepe, wat Middelburg beset het, se geboue gestaan het. Op die gholfbaan is daar nog talle geskiedkundige areas, soos die bruggie, wat ’n getuie was van die Britse soldate se verblyf hier.
Middelburgers kan gerus gaan kyk na die steen by die klubhuis met al die interessante inligting oor die Anglo Boere-oorlog.
• Mnr. Kees Taljaard was jare gelede ’n ingenieur by die munisipaliteit en ’n vurige voorstander daarvan om ons dorp se geskiedenis te bewaar. Hy is ’n paar jaar gelede oorlede.
• Me. Koeleman het ’n video gaan neem waar die pyplyn gegrawe word en daar afgekom op nog fondasies buite die lyndraad van die gholfbaan.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.
Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express.
In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career.
As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.