News

Professionele renosterstropers slaan toe by Ubhetyan

Die stropers wat ’n renosterbul by uBhetyan geskiet het vir sy stukkie horing wat weer uitgegroei het, het dit beslis al voorheen gedoen.

“Hulle het nie gekom met pangas en die horing afgekap nie. Hulle het dit afgesny. Hulle het dit dus al voorheen gedoen,” het mnr. Deon Cornelius (eienaar Ubhetyan) vanoggend gesê.

Hy was gister in die dorp (Middelburg) toe werknemers hom laat weet dat hulle die dier se karkas gekry het en hy en sy vrou, Susan, het plaas toe gejaag.

Met nadere ondersoek het hulle gevind dat die dier drie keer geskiet is. Een keer in die bout, wat regdeur gegaan het en onder by die pens uit is. Die ander skoot is deur sy nek en het sy rug afgeskiet. Die derde skoot was in die kop.

Daar is ’n lykskouing op die karkas gedoen vir die ondersoek.

“Ek glo hulle het hom van agter af geskiet en toe hy val, die doodskoot in die kop gegee.”

Dit is baie ruig waar die renoster geskiet is en daar is geen spore gekry nie. Hulle het wel ’n fragment van ’n .375 jaggeweer patroon gevind.

Lees ook: Renoster by Ubhetyan afgemaai

Mnr. Cornelius het die hulp van die privaat Genesis K9-groep ingeroep om met een van hul honde te kyk of hulle nie nog patroondoppies kan kry nie.

Die hond kon egter niks vind nie en die vermoede bestaan dat die booswigte dit opgetel het.

Hy sê dat hulle al hul lyndrade nagegaan het, maar dat daar nêrens drade geknip is nie.

“Hulle kon nie van die ander kant af gekom het nie, want daar is net kranse. Ons vermoed hulle het by die hekke ingekom!”

• Die renoster is sowat vier kilometer vanaf die lodge in die bosse geskiet.

• Na aanleiding van die maaiers op die dier, is dit duidelik dat die dier ten minste al Saterdagmiddag of -aand geskiet is. Hy weet die renoster, genaamd Ubhet, is beslis nie voor dit geskiet nie, want hy het hom nog Saterdag omstreeks 02:00 gesien toe hulle patrollie gery het.

Mnr. Cornelius het Sondag al begin bekommerd raak toe hy net die koei en kalf, wat gewoonlik saam met Ubhet rondloop, alleen in die veld gesien het.

• Daar is vroeër vandag ’n lykskouing op die karkas gedoen vir die ondersoek.

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button