News

Hoof net verkouerig, toets positief vir Covid-19

Die hoof van Laerskool Middelburg en sy hele gesin is tans in isolasie, nadat hy gister die uitslag gekry het dat sy Covid-19 toets positief is.

“Ek kan dit nie glo nie. Ek was net Saterdag effens verkouerig, maar tot nou toe nog was ek nie siek nie.”

Hy het egter Dinsdag besluit om te gaan toets vir die virus “net om voorkomend op te tree,” sê mnr. Gerrie van der Merwe.

Dit is duidelik dat hy geskok was toe die uitslag Woensdag positief was.

Mnr. Van der Merwe sê hy is een van die persone wat tot op die boek die protokol by die huis en skool volg ten opsigte van die pandemie en is dit hoekom hy so verras is, omdat hy die virus gekry het.

“Ek dra altyd my masker, was en saniteer omtrent 100 keer op ’n dag my hande. Ek het géén idee waar ek dit kon opgedoen het nie.”

As hy moet teruggaan op sy spore, kon dit letterlik “enige plek” gewees het. Soos almal daarbuite, was hy net in winkelsentrums, tuis en by die skool.

Hy het gemeld dat nog ’n personeellid van die skool positief getoets het vir die virus vroeër hierdie week. Hy wil nie namens die personeellid praat nie en het net gemeld dat die persoon en hul hele gesin ook in isolasie is.

• Die skool volg steeds die standaard Covid-19 regulasies om op ’n daaglikse basis die skool te saniteer en is daar geen rede tot kommer vir leerlinge of ander personeellede nie.

• Hy het dankie gesê vir sy personeel wat die fort hou by die skool terwyl hy tans in isolasie is.

• Vroeg in April het die hoof van Belfast Akademie, mnr. Fanie Barendze, die skool gesluit vir vier dae, nadat hy, sy vrou, twee personeellede en twee werkers positief vir die virus getoets het. In hierdie tydperk het hulle die hele skool behoorlik ontsmet.

• Die bestuurder van die SAVF Tehuis, mnr. Nico Swart en sy hele gesin het drie weke gelede positief vir die virus getoets en was hulle ook almal in isolasie. Nie een van hulle was gelukkig baie ernstig siek nie.

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button