News

Nagsluipers vlug toe hond blaf

Wie sluip in die nag in Dennesig se strate rond?

Na ’n string hondevergiftigings en die diefstal van ’n Yamaha vierwiel in Steve Bikostraat, is ’n groep van vier mans weer op videomateriaal vasgevang, wat Maandag net na 03:00 rondgesluip het in Steve Bikostraat en vanoggend net na 02:00 in Manie Maritzstraat.

In die videomateriaal van Maandag, kan daar gesien word hoe ’n hond die groep afskrik.

Vanoggend het hulle die aftog geblaas toe mnr. Mario Botha se alarm afgegaan het toe een van hulle oor die muur klim.

Hy en sy vriendin, Meisiekind van Niekerk, het wakker geword toe die alarm afgaan. Hulle het dadelik op die kameras gekyk en gesien hoe die een booswig weer uitspring uit die erf uit. Nadat hulle al die videomateriaal nagegaan het, het hulle gesien dat dit ’n groep van vier is wat na hul erf gesluip het.

Die booswig in mnr Mario Botha se erf is nie eers gepla dat die erf helder verlig is nie en kyk direk vir die kamera.

Terwyl die een oor die muur klim, kon ’n mens duidelik die wielsleutel in sy hand sien. Dit laat die vermoede bestaan dat hulle agter die wiele aan was van die paartjie se bakkies wat onder die afdak staan.

“Dit is helder verlig, maar dit skrik hulle nie af nie. Op ’n stadium sien jy dat sy makker vir hom na die kamera beduie en trek hy net sy hoed laer oor sy oë,” sê mnr. Botha.

Die oomblik toe die alarm afgaan, het die booswig net weer uitgeklouter uit die erf uit en doodluiters saam met sy vriende weggeloop.

“Hulle het nie eers gehardloop nie!”

•Na die string voorvalle, is ’n veiligheidsgroep gestig om inwoners meer paraat te maak.

Die vermoede bestaan dat dit die selfde groep is wat twee weke terug honde vergiftig het, drie dae voordat hulle mnr. Marius Jordaan se Yamaha Raptor gesteel het.

•Inwoners word ook geteister deur ’n groep dwelmverslaafdes wat heeldag loop en bedel. Dit kan dalk dieselfde groep wees wat vir die misdade verantwoordelik is.

•Mnr. Botha se rooi Mustang is in September 2018 by dieselfde adres gesteel. Die voertuig is kort daarna by die Mamelodi Polisiestasie gevind.

Met die assessor se aankoms by die polisiestasie om die voertuig uit te ken, was die voertuig egter wéér gesteel én die dossier skoonveld. Hulle het die voertuig nooit weer gesien nie.

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button