News

Ubhetyan se renosterkoei ook gekwes

Net etlike dae nadat Ubhet, die prag renosterbul van uBhetyan O Africa afgemaai is vir die stukkie van horing wat weer gegroei het, is daar gister gevind dat hul renosterkoei ook gekwes is.

Mnr. Deon Cornelius (eienaar, uBhetyan) sê hulle het al die renosters deurgegaan vir beserings nadat Ubhet verlede Dinsdag in die veld gekry is.

Hulle het egter nie die gat aan die kant van die renosterkoei, Behati, se blad gesien nie.

Ubhet is drie keer geskiet, een keer in die bout, wat regdeur is en onder deur die pens uit is, in die nek, waar sy rug afgeskiet is en in die kop.

Die stropers het die stukkie horings, wat gegroei het nadat dit ’n paar jaar gelede verwyder is, afgesny en nie afgekap nie. Lees ook: Professionele renosterstropers slaan toe by Ubhetyan 

Na die stroping van Ubhet het hulle die kamp deurgegaan om te kyk of al die renosters reg is en het alles reg gelyk.

Gistermiddag tydens ’n patrollie het mnr. Cornelius gesien daar loop bloed teen Behati se sy af. By nadere ondersoek het hy gesien dat sy gekwes is.

Die wond van nader gesien. Die renoster gaan verdoof word met ’n pyl om te kyk hoe ernstig die skietwond is.

“Ons vermoed haar hart en longe is net gemis, maar sal presies weet hoe ernstig die beserings is nadat ons haar gepyl het en haar kan ondersoek.” Die ondersoek sal vandag gedoen word. Lees ook: Renoster by Ubhetyan afgemaai

• Ubhet was sowat 15 jaar oud.

• Behati is ’n Afrika naam wat “geseënd” beteken: “sy wat geluk bring.”

Ronel Brooks het destyds die naamkompetisie gewen om vir die renosterkoei ’n naam te gee.

Mnr. Deon Cornelius saam met die Ubhet en Behati toe hulle in 2006 op uBhetyan aangekom het.

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button