News

Wielstelers op heterdaad betrap

Twee wielstelers is vanoggend in Seringstraat (Kanonkop, Middelburg) op heterdaad betrap deur ’n buurman, maar hulle het laat spaander voor hulle gearresteer kon word.

Me. Martie Jacobs sê sy het vanoggend om 04:04 wakker geskrik van ’n geweldige getoeter buite hul erf. Sy het haar man, Marius, wakker gemaak en hulle het in die gang afgehardloop.

“Toe ek by die kombuisvenster uitkyk, het ek die mense by die hek gesien wat die toeter geblaas het.”

Buite was van die wiele afgehaal, en ’n gedeelte van die voertuig het reeds op plaveiselstene gestaan.

Me. Jacobs sê dat hul buurman in die oggende om 04:00 opgelaai word om te gaan werk. Die oomblik toe die voertuig hom oplaai, het hy en die persone by hom die twee booswigte in die Jacobse se erf gesien. Een het aan die buitekant gestaan en die ander een was nog in die erf om die wiele aan te gee.

Die mans het dadelik die toeter begin blaas om almal wakker te maak en die booswigte agterna probeer sit. Die wielstelers het egter oor Springbokstraat, in die Stoffbergpad se rigting gevlug en die veld in verdwyn.

Me. Jacobs sê wat hulle dronkslaan, is die dat die boewe nie van hulle plaveiselstene gebruik het nie, maar daar aangekom het met hul eie plaveiselstene. Die diewe het ook hul domkrag net daar gelos toe hulle weggehardloop het.

Dit is duidelik dat die diewe die wiele agter ’n boom met blare en takke wou toegemaak het, voor hulle uitgevang is.

Net die twee is gesien en die vermoede bestaan dat die een buite gestaan het as uitkyk en sodat sy makker vir hom die wiele oor die muur kon aangee.

• Die Jacobs gesin bedank die mans wat opgetree het, sodat die boewe nie kon wegkom met hul wiele nie.

• Die afgelope paar nagte is daar op verskillende noodgroepe gemeld dat gure karakters rondsluip. Daar is onder andere hulp gevra waar betreders in erwe ingespring het en by ’n ander huis was wielmoere van wiele reeds losgedraai.

• Verlede week is daar ook ’n hond in Koedoestraat vergiftig.

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button