News

Bebloed in bakkie geslaan en toe klap skoot

’n Gesin wonder steeds of die struweling tussen twee persone in ’n bakkie en ’n gepaardgaande skoot wat afgevuur is, dieselfde persone was wat die noodgroepe later gevind het.

Mnr. en me. Johan en Monique Snyman en hul dogter, Deonette, is steeds bekommerd oor die welstand van die ouer man wat erg aangerand is in ’n bakkie Saterdagaand.

Die Noodroep Radiogroep Sektor 3 het hulle later laat weet dat hulle afgekom het op twee mans in Pleinstraat, die een jonk en die ander ouer, wat mekaar met die vuiste bygedam het.

Die jong man het vir hulle gesê dit is “privaat” en dat die noodgroepe hulle alleen moet los.

’n Mens kom tog agter dat die Snymans wonder of dit dieselfde mense is. “Dit is steeds vir ons ’n raaisel,” sê Deonette.

Die Snymans was Saterdagaand besig om te braai by hul huis in Samora Machelstraat, toe hulle bande hoor skree en ’n slag gehoor het. Dit het geklink soos ’n ongeluk en mnr. Snyman het oor die muur geloer.

Die volgende oomblik het mnr. Snyman geskree dat hulle die hek moet oopmaak, want iemand word gekaap.

Deonette het agter haar pa aangehardloop en sy het die bakkie gesien wat naby die verkeerslig op die hoek van Suid- en Samora Machelstraat heen en weer oor die pad swenk, tot stilstand ruk en dan weer vorentoe ry.

Op dieselfde oomblik het pa en dogter opgemerk dat die bestuurder van die voertuig, ’n ouer man, in ’n struweling betrokke is met die passasier.

“Die passasiersdeur was oop en ek het net gesien hoe die passasier die bestuurder, wat nog sy sitplekgordel aanhet, geweldig slaan en hy probeer keer. Die bestuurder se gesig het al erg gebloei. Ons kon nie sien wie die passasier is nie, aangesien hy ’n hoodie-baadjie (baadjie met kappie) aangehad het en met sy rug na die oop deur gesit het.”

Deonette en haar pa het agter die bakkie aangehardloop, met Deonette voor.

“Ek was al baie naby aan die bakkie, toe ek sien hoe die passasier, wat op sy knieë gestaan het, ’n wapen uitpluk, met iets vooraan. Dit het vir my gelyk soos ’n knaldemper. Die volgende oomblik het die skoot geklap.”

Mnr. Snyman, wat ook die handwapen met knaldemper gesien het, het vir sy dogter gegil om dadelik om te draai en hulle het terug gehardloop huis toe, sodat hulle op die noodradio vir hulp kon roep.

“Ek en my pa was bang dat die persoon ook op ons sal begin skiet.”

Hulle het opgemerk dat die voertuig by die volgende verkeerslig, Kogelstraat, links draai en die nag in verdwyn.

•Mnr. Tienie Uys (voorsitter, Noodroep Radiogroep Sektor 3), sê die noodgroepe van Afriforum en die radiogroep van Sektor 4 het saam met hulle van die gebeure te hore gekom en die area gefynkam.

In Pleinstraat het hulle voor ’n kompleks twee mans by ’n bakkie sien staan wat mekaar met die vuiste bygedam het. Mnr. Uys het die jonger man op sowat 18 jaar geskat en die ouer man was in sy vroeë veertigs.

Die noodgroepe het die mans gevra wat aan die gang is, waarop die jonger man net gesê het “dit is persoonlike probleme. Julle moet jul neuse hier uithou.”

Mnr. Uys sê die noodgroepe mag nie betrokke raak by familietwiste nie, maar hulle sal wel hulp verleen as kinders of vroue in gevaar is tot die polisie opdaag. Die groep het daarna gery.

“Ons weet egter nie of dit pa en seun of oom en seun of dalk ’n meisie se pa en haar kêrel is nie.”

Volgens die beskrywing van die voertuig en die twee mans, glo hy dit was dieselfde twee wat die Snymans in Samora Machelstraat gesien het.

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button