News

Bekende Afrikaanse akteur dood aan Covid

“Hy was vreeslik lief vir sy vrou en twee seuns.”

Lees ook die opvolg: Hartseer na Afrikaanse akteur Ben Kruger sterf

Die akteur Ben Kruger (64) is Dinsdagaand in sy huis in Pretoria oorlede weens Covid-19.

Kruger is veral bekend vir sy rolle van Okkie Ferreira in Binnelanders, Neef Gert in 7de Laan en Sakkie Bezuidenhoudt in die SAUK2 se dramareeks, Zero Tolerance.

Mede-aktrise en jare lange vriendin Liz Meiring het Woensdagoggend met Rekord gepraat.

“Dit was so ’n groot skok,” sê sy.

“Ben was ’n gesonde man. Ons het nie geweet hy het Covid nie, en hy sou nie sommer ’n ‘fuss’ daaroor gemaak het nie.”

Meiring praat met lof oor die “groot en professionele akteur”.

Sy sê “Ben-ben” sou nooit sleg praat of skinder van ander nie en was boonop ’n uitstekende enterpreneur en kok.

“Hy was vreeslik lief vir sy vrou en twee seuns,” sê Meiring.

“Ons gaan hom almal baie mis.”

Ben Kruger saam met een van sy aanhangers Rina Kruger. Foto: Corlia van Deventer

Lees ook die opvolg: Hartseer na Afrikaanse akteur Ben Kruger sterf

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 083-625-4114. Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button