News

Vrou twee keer slagoffer van misdaad

’n Rower het gistermiddag ’n vrou in die gesig geklap in die parkeerarea naby die Tosca Sentrum.

“Hy het sy hand deur die venster gedruk en my geklap!” het me. Vanessa de Bruin ontsteld gesê.

Sy het kort na 16:00 na die sentrum gery en opgemerk dat daar nie parkering is reg voor die gebou nie. Sy moes in die groter parkering, etlike treë weg van die sentrum af, parkeer.

Me. De Bruin sê dat sy opgemerk het dat haar voertuig sukkel om te sluit en sy het vinnig na die winkel gestap wat seep verkoop. Voordat sy nog by die winkel kon ingaan, het ’n vrou na haar toe gekom en gesê daar is mense in haar kar.

“Gelukkig hou ek niks van waarde in my kar nie en ek het my handsak by my gehad.”

Me. De Bruin het omgevlieg en vinnig na haar voertuig geloop, maar kon niemand sien nie. Haar voertuig was egter nie gesluit nie en sy het ingespring en dadelik gesluit.

Sy het haar venster effens oopgemaak vir vars lug en het net te laat die hand gesien wat deur die effense opening kom.

“Ek het só groot geskrik dat ek in plaas van om die elektroniese venster toe te druk, die venster per ongeluk groter oopgemaak het.”

Die volgende oomblik het ’n man haar vol in die gesig geklap. In die daaropvolgende gebeure het sy sy hand probeer uitdruk en dadelik weggetrek.

In haar truspieëltjie het sy gesien dat die booswig sy ewewig verloor en neergeslaan het. Sy het van skok nie verder notisie geneem nie en tot by haar huis gery.

Me. De Bruin het aangedui dat sy die voorval by die polisie gaan aanmeld.

•Dit is die tweede keer binne ’n week dat me. De Bruin die slagoffer is van misdaad.

Sondag tussen 09:00-10:00, toe sy vir die uur nie tuis was nie, het diewe oor die palissade heining van haar huis in Springbokstraat (Kanonkop) geklim en al haar buiteligte en die ligte se kabels gesteel.

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button