News

‘Pes munisipaliteit oor rioolreuk!’ sê DA

Vergeet van “Befok” braai! Elke braai maak inwoners deesdae...

Met die rioolstank wat die dorp versmoor, is buitebraai nie meer ’n opsie nie.

Dit het die DA nou genoop om inwoners aan te moedig om die munisipaliteit met klagtes te oorval, sodat iets aan die saak (stank) gedoen kan word.

Volgens Kanonkop DA wyksraadslid, Helda de Klerk, trek die munisipaliteit net neus op oor die oorsaak van die ondraaglike reuk wat elke aand Kanonkop, Dennesig en dele van Mhluzi wurg.

“Ons het al baie gekla by die burgemeesterskomitee-lid, Johan Matshiane, wat die houe namens die munisipaliteit moet vat,” sê me. De Klerk.

Die DA het strategie verander en kontaknommers en e-posadresse van raadsamptenare aan inwoners verskaf, om die telefoonlyne warm te bel met klagtes.

“Dit is ’n gemeenskaplike saak wat prioriteit moet geniet, oorlede burgemeester Bagudi Tolo het selfs al in die raadsaal gesê dis onaanvaarbaar dat inwoners hieraan blootgestel moet word,” sê me. De Klerk.

“Ek dink die pap is besig om op die grond te val. Die stank is derdewêrelds en sal nou julle dringende aandag moet geniet. Ek is bevrees die inwoners gaan julle raadslede van hul stoele kom afstamp, as julle nie nou uit die wegspringblokke kom nie. Nie ’n dreigement nie, maar ’n vriendelike waarskuwing,” lees die e-pos wat deur Boerelegioen RSA se bevelvoerder, generaal Izak van Zyl, na die munisipaliteit gestuur is.

Met die installasie van ’n rioolnetwerk en pompstasie vir die Dennesig-Noord behuisingsontwikkeling, wat verlede week afgeskop het, en aan die Boskrans aanleg gekoppel sal word, gaan die aanleg nog meer druk verduur.

Raadslede het Donderdag die aanleg besoek, nadat ’n terreinbesoek weke gelede uitgestel is weens reën.

Me. De Klerk en haar Dennesig raadskollega, Johann Dyason, het Dinsdag na ’n raadsitting aan www.mobserver.co.za genoem dat hulle nie Boskrans gaan besoek om hulle te vergewis van hoeveel die munisipaliteit daar spandeer het en op wat nie, maar eerder om duidelike antwoorde te kry oor wat skort by die rioolaanleg.

Wat ander inwoners sê:

• Joleen Lambrechts: Die reuk is so erg mens kan dit amper proe. Middelburg gaan agterwaarts, ons was Dorp van die Jaar ’n paar jaar gelede, wat het gebeur?

• Audrey Watson: Ek is my lewe lank al inwoner van Middelburg, en nog nooit, maar nooit, was dit so erg soos die laaste twee jaar nie.

• Conrad Groenewald: Ons betaal ons tariewe en belasting, en in ruil moet ons dienste kry van die munisipaliteit af.

• Magda Visser: Dit ruik soos riool en gasse en weet nie wat alles nie! Asseblief, die reuk hang in ons huise, oral!

• Paul Stander: Die reuke wat van Boskrans oorwaai is verskriklik.

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button