Vasgevang op video: Brandewyn het nie brieke nie?
Sekuriteitskameras by ’n huis in Njalastraat het ’n dramatiese ongeluk afgeneem.

Ruan Fourie sê dat hulle minute voor die ongeluk Saterdagaand gebeur het, by die huis weg is. Hy is deur sy buurvrou gebel om uit te vra oor die harde slag.
Met sy terugkoms tuis het mnr. Fourie op sy sekuriteitskameras gesien hoe ’n voertuig op die reguit stuk pad voor sy huis beheer verloor, rol en op sy kant tot stilstand kom.
Hy sê dat drie mense uit die motor klim en gesels met omstanders wat uit hul huise gekom het na die ongeluk.
Minute later stoot hulle die motor terug op sy wiele en ry dan weg.
Daar is nooit enige polisie of verkeer op die toneel nie.
Volgens omstanders het dit gelyk asof die insittendes van die motor onder die invloed van drank was.
“Ek sou graag wou weet hoe hulle dit reggekry het om so op ’n reguit stuk pad beheer te verloor. Het die bestuurder probeer drift, of het ’n passasier die handbriek opgetrek? Dit maak net nie sin nie.”
Karre jaag dikwels deur die huis op die hoek van Njala- en Olienhoutstraat se palissades maar mnr. Fourie sê dat dit die eerste keer is wat dit voor sy huis gebeur.
Hy het ’n gedeelte van die videomateriaal op die Middelburg Observer se Facebook groep gedeel met die hutsmerk #dontdrinkanddrive en gesê dat niemand behalwe die gras seergekry het nie.
•Kyk gerus na die volledige video:
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.
Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
