News

Covid eis geliefde Sandra

Die bekende eienaar van Bezuidenhout Loodgieters op Middelburg, me.Sandra Bezuidenhout (62), is vanoggend in die Netcare Cuyler Hospitaal in Uitenhage oorlede.

“Ons het die mooiste foto van haar met haar hande uitgestrek na Bo, wat geneem is toe sy nou in die Kaap was. Dit beskryf my ma. ’n Godgewende vrou!” het haar dogter, Cherise, hartseer gesê.

Me. Bezuidenhout is ’n paar weke gelede na die Kaap waar sy eers saam met ’n vriendin haar 60ste verjaardag gevier het. Vandaar het sy by haar niggie in die Wes Kaap gaan kuier.

Sy het skielik siek geword en is verlede week in die Cuyler Hospitaal opgeneem. Sy het positief vir die Covid-19 virus getoets.

“Hulle kon haar nie op die normale ventilator sit nie, omdat haar bloed so gestol het. Sy is net op ’n gewone asemhalingsmasjien gesit.”

’n Suster van die hospitaal het die kinders gister laat weet dat dit nie goed gaan met haar nie en het hulle almal deurgevlieg.

“Die hospitaal was fantasties. Hulle het toegelaat dat ons laasnag tot na 01:00 by haar bly.”

Kort na 05:00 vanoggend is hulle laat weet dat hulle moet kom, dit gaan nie goed nie.

“Toe ons by die hospitaal inkom, het hulle vir ons gesê sy is pas oorlede. Ons was twee minute te laat.”

Middelburgers sal dié sakevrou onthou wat altyd geveg het vir reg en geregtigheid.

Sy het ook die Bethesda, Huis van Hoop skool begin en was tot met haar dood by die skool betrokke.

“My ma was ’n ystervrou, ’n dinamiese mens wat soveel vir ander gedoen het. Sy was só erg oor haar kleinkinders. Sy kan nou gaan rus by my pa.” (mnr. Christo Bezuidenhout is op 21 September 2014 oorlede).

Me. Bezuidenhout was ook vir jare aktief betrokke by die Hervormde Noord gemeente.

Sy word oorleef deur haar kinders, Cherise, Liezel, Chrizan en Vileyne en skoonkinders Christo en Anton.

Begrafnisreëlings sal later op www.mobserver.co.za. bekend gemaak word.

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button