News

Dief hurk langs bedkassie om selfoon langs man te steel

’n Inbreker het nie net meer as ’n uur by ’n huis spandeer om te steel nie, hy was só uitdagend, dat hy teruggeklouter het deur die venster die huis in, om ’n selfoon op ’n bedkassie te vat.

“As my bril, wat bo op die selfoon gelê het, nie afgeval het nie, sou ek nie wakker geword het nie,” het mnr. Francois Moller gesê.

Mnr. Moller, ’n ondervoorsitter van die Noodroep Radiogroep Sektor 3, is omstreeks 03:38 gewek met iets wat in sy kamer langs sy bed val. Die oomblik toe hy wakker skrik, het hy die gedaante in die donker langs sy bedkassie sien hurk.

Mnr. Moller het opgevlieg en in daardie breukdeel van ’n sekonde, gesien dat die persoon by hom in die kamer in swart geklee is met ’n balaklawa oor sy gesig. Hy het ook handskoene aangehad.

“Wat opvallend was, is dat hy wit skoene aangehad het.”

Mnr. Moller het op die booswig geskree, wat dadelik omgevlieg en reguit gehardloop het na die sitkamer en deur die venster, waar hy kort vantevore weer teruggeklim het, geduik het.

Hy is agterna deur die venster en die boef het eers links probeer wegvlug.

Hy het hom egter in die muur vasgehardloop, omgespring en weer voor mnr. Moller verby gehardloop.

“Ek kon hom darem ’n klap gee toe hy by my verby kom, maar hy het teen die hek vasgetrap en bo-oor die muur, met elektriese omheining, gespring.”

Die ander lede van die Noodroep Radiogroep Sektor 3 was binne minute op die toneel, maar die dief het die nag in verdwyn. Mnr. Moller het sy CCTV videomateriaal nagegaan en gesien dat die inbreker om 02:20 by die meenthuis se venster begin vroetel het.

Die videomateriaal wys hoe hy kort-kort om die muur loer na die kamera en dan teruggaan na die venster om die diefwering los te skroef.

“As jy kyk na die videomateriaal, het hy ’n lang tyd in my huis spandeer.”

Op sy steelpad, het hy deur die huis in die motorhuis ingegaan en die R700 kontant in die bakkie gevat. Daarna is hy terug die huis in, waar hy R300 wat op die kombuistafel gelê het en R1 000 kontant uit mnr. Moller se beursie gevat.

In die sitkamer het hy mnr. Moller se skootrekenaar gevat en in die donker gesoek tot hy die skootrekenaar se herlaaikabel agter die televisie gekry het.

“Hy het ook my ander skootrekenaar, al vier my horlosies, waarvan twee my Garmin horlosies wat ek gebruik om te draf , en twee selfone gevat.”

Omstreeks 03:30 sien ’n mens weer die dief op die CCTV kamera buite, waar hy besig is om sy buit in ’n rugsak van mnr. Moller te pak.

Vandaar klouter hy terug die huis in om in die kamer in te gaan, waar mnr. Moller hom betrap het.

Om 03:40 sien jy hoe hy uithardloop met die rugsak.

• Hy raam die skade (met die kontant daarby) op sowat R50 000.

• Mnr. Moller glo hy is dopgehou, want hy werk gewoonlik nagskof.

Hy dink die dief het aangeneem daar is niemand tuis nie. Hy sê dat daar Donderdagaand iemand op sy huis se dak was.

• Mnr. Moller bly in ’n meenthuiskompleks in Maricostraat.

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

Back to top button