BMW wat gekaap is tydens transitoroof, teruggekry
Die rowers wat tydens die transitorooftog gisteraand op die N11 ’n sekuriteitswag gewond het, het kort na die rooftog ook ’n BMW gekaap.
Mnr. Barend Burger (eienaar van Farm Protek) sê hy en ’n kollega het omstreeks 03:00 vanoggend die BMW oorkant die Goedehoop Myn se ingang op die Hendrina/Vandyksdrifpad gevind.
Die voertuig se sleutel het op die sitplek gelê en ’n leë geldsak, wat tydens die transitorooftog gebuit is, het in die gras langs die voertuig gelê.
Alle hel het langs die N11 losgebars omstreeks 18:40 gisteraand toe rowers, wat volgens inligting in twee Ford Rangers en ’n ou Mercedes voertuig, op die geldwa naby die Blinkpan afdraai losgebrand het.
Lees ook: Transito rooftog om N11
Tydens die oor en weer skietery het die rowers die sekuriteitsbeampte van die geldwa in die kop gewond. Hy is in ’n kritieke toestand na die Life Midmed Hospitaal afgevoer.
Die geldwa is oopgeblaas en alle aanduidings is dat die rowers weggekom het met ’n onbekende bedrag geld.
• Die rowers het in die tyd wat hulle weggejaag het, ’n BMW van die pad afgedwing, en die insittendes met AK47’s gedwing om uit die voertuig te klim.
• Hierdie is ’n ontwikkelende storie en die eienaar van die BMW is besig om met www.mobserver.co.za te praat.
Sy weergawe van die dramatiese gebeure sal binnekort gelees kan word.