News

Man met swart handskoene lig hek van sy spoor

Twee oplettende vroue se blitsige optrede, het vanoggend gekeer dat daar ingebreek word by ’n huis in Hexrivierstraat (Aerorand Wes, Middelburg).

Me. Ena Pilodia, voorsitter van die Gemeenskapspolisiëringsforum, sê die krag het net afgegaan omstreeks 11:00, toe haar huishulp, Thandi Skosana, haar roep. Sy het beduie daar is ’n man besig by die motorhek van ’n huis in Hexrivierstraat.

Me. Pilodia verduidelik dat Hexrivier agter hul straat is, maar dat daar ’n oop erf is en sy duidelik kon sien wat aangaan. ’n Wit VW Polo was dwars geparkeer voor die huis in Hexrivierstraat.

Albei vroue het gesien dat die man, wat uitgeklim het, swart handskoene dra. Hulle het opgemerk hoe die man vroetel by die motorhek en kort daarna die hek van die spoor af tel.

Op hierdie tydstip het me. Pilodia op die CPF se reaksiekanaal (Zello) groep vir hulp geroep.

Die oomblik toe die man egter aanstap na die voordeur, was dit eens te veel vir me. Pilodia en het sy geskree: “Wat doen jy daar?!”

Die booswig het omgevlieg, by sy makker ingespring en hulle het weggejaag.

“Ons reaksielede het hulle net-net gemis.”

• Me. Pilodia sê die huishulp van die huis in Hexrivierstraat was in die huis en het die vreemdeling buite opgemerk. Gelukkig het hy nie die deur oopforseer nie, want “kan ’n mens net dink wat kon gebeur het!”

• Die voorval van 11:00 het in Hexrivier- tussen Pongolastraat en die spoorlyn gebeur.

• Omstreeks 04:00 vanoggend het inbrekers net ’n paar huise verder ingebreek by ’n huis in Hexrivierstraat.

Die venster se alluminium is heeltemal losgemaak en die venster uitgehaal, waarop die booswigte weggekom het met ’n televisie. Die huiseienaars weet nie hoe die boewe verby die alarm-ogies en elektriese omheining gekom het nie.

Dié inbraak was tussen Pongola- en John Magagulastraat.

 

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button