News

Ssssssssslang, inyoka! toe vlug inbreker

Inyoka....! Ssslanggg! het ’n inbreker seker geskreeu toe hy hom in glaskaste vol slange vasgeloop het.

Sy volgende gedagte was seker, “ek sal veilig wees by die kerk”

Die man het hom waarskynlik boeglam geskrik vir die slange in glaskaste in ’n huis, maar toe in kerkgronde ingespring, waar hy vasgevat is.

Eerwaarde Kokkie Smit (van die Presbiteriaanse Kerk in Bhimy Damanestraat) sê mnr. Alwyn Human het net na 08:00 gesien hoe iemand oor die bure se muur by die kerkgronde inklouter. Hy het dadelik vir eerw. Smit geroep.

“Hy het in my oprit by my huis gestaan met die skootrekenaar in sy hande.” Sy huis is op die kerkgronde geleë.

“Ek het na hom aangestap en voor ek nog iets kon sê het hy geskree: ‘why do you say it is not mine!”

Die steakmes met sy afgebreekte punt wat ’n dief uitgepluk en laat val het, toe hy gekonfronteer word.

Eerw. Smit het nader gestap en die skootrekenaar by die man gevat, waarop hy eenvoudig net verby hom gestap het.

“Ons kon dadelik sien hy het ’n paar selfone in sy sak, maar het vinniger geloop en die straat op verdwyn.”

Die twee mans het in ’n voertuig gespring en die verdagte agterna gesit, maar hy het afgehardloop in Bhimy Damanestraat, vinnig oor Lilian Ngoyistraat gedraf en in die eenrigting in Bhimy Damanestraat afgehol.

Hulle het omgery tot in John Magagulastraat, waar hulle die booswig gesien het.

Mnr. Human het uitgespring om hom te konfronteer, maar die boef het ’n steakmes, met ’n afgebreekte punt, uitgepluk.

In die geharwar, het die mes aan sy klere vasgehaak en hy het hom laat val.

Die man het daarna in die rigting van die Shoprite parkeerarea gehardloop en verdwyn, Eerw. Smit en mnr. Human is terug na die kerk, waar hulle oor die muur gesien het dat die bure se woonstelvenster oopforseer is.

Die bure se voertuig het in die oprit gestaan en hulle het die klokkie gedruk.

Eerwaarde Kokkie Smit.

“Niemand het reageer nie en ek het begin wonder of die egpaar in die huis nie dalk vasgemaak in die huis is nie.” Hy is terug kerk toe, waar hy noodgroepe ontbied het en weer omgestap het na die huis langsaan.

Dié keer was die voertuig nie in die oprit nie en hulle het gedink dat een van die boewe dalk die voertuig geroof het.

Minute later het mnr. Louis Lewis, wat gou winkels toe was, by die huis gekom.

“Ek het groot geskrik toe ek die klomp mense voor my hek sien.”

Hulle het vir hom vertel dat die venster van die woonstel oopforseer is en hy het ondersoek gaan instel. Sy dogter, Monique, bly in die woonstel, maar was by die werk.

“My vrou het ’n bietjie laat gelê vanoggend en ek was besig in die huis, maar ons het niks gehoor nie.”

Hulle vermoed die dief het die steakmes gebruik om die venster oop te forseer, waarna hy met iets die diefwering oopgebuig het.

Buiten die skootrekenaar wat eerw. Smit teruggekry het, vermis hulle ook drie iPhone selfone.

“Daar was ’n ander skootrekenaar en kontant op die tafel, maar ek dink die oomblik toe hy die slange in die glaskaste sien, het dit hom laat skrik en het hy gevlug,” sê mnr. Lewis.

 

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button