Man verlam in trokongeluk
’n Werknemer van Massyn Vervoer, eMalahleni, is verlam in ’n trokongeluk op die N4, sowat 10km voor die Alzu Petroport.

Me. Marizna Meintjes (Massyn, Padvervoer Bestuurstelsel) het bevestig dat die medebestuurder van die trok in die ongeluk verlam is.
Hy word tans in die Muelmed Hospitaal se intensiewe eenheid behandel waar hy aan ’n ventilator gekoppel is.
Me. Meintjes sê die ongeluk het Dinsdag omstreeks 21:00 gebeur.
“Die drywer het vermoedelik óf ’n beroerte gehad, óf ’n epileptiese aanval gekry en het die trok omgeslaan. Hy is nie ernstig beseer nie, maar is nog in die hospitaal vir toetse.”
Die medebestuurder het half onder die vrag beland en is ernstig beseer.
Hy is in die Life Midmed Hospitaal gestabiliseer en oorgeplaas na die Muelmed Hospitaal.
• Die trok het ’n vrag met Nestle produkte, soos koffie, gedra. Kort na die ongeluk het motoriste op die toneel gestop, die seile weggeskeur en sowat 70% van die vrag gesteel.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
