News

Papapavlou moordverdagte vlugtig in hof

Die vrou wat vir die moord van Raymond Papapavlou aangekla word, het weer vlugtig in die landdroshof op Groblersdal verskyn.

Die ondersoek is in die hande van ’n nuwe ondersoekbeampte, nadat die vorige een ontslaan is op klagtes van bedrog en diefstal wat deur die Valke ondersoek word.

A.o. Debbie van Zyl is na die bank geroep om te getuig. Sy het die saak in Februarie oorgeneem, maar kon nie dadelik die dossier onder oë kry nie.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het ook aan haar verdere instruksies gegee rakende die ondersoek. Sy het dit intussen voltooi en die dossier gaan nou terug gestuur word na die NVG vir beslissing.

Dinkwe Safaris het seker gemaak Raymond Papapavlou word nie vergeet nie.

Tanya Weideman, wat namens Patricia Ray-Lee Smith optree, het kapsie gemaak teen die tyd wat die ondersoek neem. A.o. Van Zyl het aan die hof gesê dat alle forensiese bewysstukke nou ontvang is en dat die NVG beslissing die enigste uitstaande faktor is.

Die hof het ’n finale uitstel tot 23 Julie gedoen vir die NVG beslissing.

Papapavlou se familie was by die hof en het onder die vaandel van Dinkwe Safaris voor die hof saamgedrom met ’n boodskap op ’n banier dat hulle Raymond nooit sal vergeet nie.

Japie Jonker, Papapavlou se oom, het buite die hof gesê dat hulle volle vertroue in die nuwe ondersoekbeampte het en tevrede was met die hof se verrigtinge.

• Papapavlou is in Oktober 2020 in sy bed doodgeskiet op ’n plaas in die Rooikraal omgewing tussen Groblersdal en Stoffberg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button