‘Richie McCaw’ by Belfast Mustangs!
Die Belfast Mustangs het ’n hele paar ‘bekende’ spelers in hul span, waaronder ‘Naas Botha’ én die Nieu Seelandse rugbykaptein, “Richie McCaw”, En die Suid-Afrikaanse kommentator, ‘Hugh Bladen’ het ook baie te sê oor die span.
Eintlik word aldrie se stemme net nagemaak deur een van hul nuwe spelers, Charl Fouché, Hoërskool Generaal Hertzog se eerstespan afrigter.
“Ek word gereeld deur die span se afrigter, Frans Burger, gevra om vir hulle boodskappe aan te stuur,” lag Fouché oor die stemboodskappe.
Sy kollega by Hoërskool Generaal Hertzog, Wikus Lombaard, het so ruk gelede vir hom gevra of hy nie ook sommer saam met hom vir die Belfast Mustangs wil gaan speel nie.
“Ek het laas in 2009 gespeel, maar rugby loop mos maar in ’n mens se are en sal ek more my eerste wedstryd speel.”
•Fouché doen al stemnabootsings vanaf ’n jong ouderdom en laat vriende gereeld skaterlag as hulle saamkuier.
•Hy is na skool na die Bloubul Rugby-akademie, het vandaar vir die polisie gespeel en daarna vir Centurion Rugbyklub tot 2009.
•Wikus rig die o/14A rugbyspan by Hoërskool Generaal Hertzog af.
