News

Video: Burgemeester nooi Jacaranda se Bester uit

Martin, jy is beter as die Beste(r)!

Nadat inwoners rooi gesien het, na neerhalende opmerkings van Middelburg op Martin Bester van Radio Jacaranda se ontbytprogram, het hy dubbel en dwars daarvoor vergoed, deur Woensdag die dorp se lof te besing.

www.mobserver.co.za is oorval deur inwoners wat opgewonde vertel het van al die mooi dinge wat Bester gesê het. Die lys van kwaliteite wat die dorp van ander in die land onderskei, is ook sommer aangevul deur die inbellers. Een van die vrae was: Wat van ons mooi vroue?

Lené van den Berg blom soos ’n kosmos vir ons dorp. FOTO: Verskaf

Ja, watter dorp wil nou nie met sy mooi meisies spog nie?

Witbank het Anneline Kriel gehad as Mej. Wêreld, maar dit is al 47 jaar gelede. Wat van ons mooie Lené van den Berg? Internasionale model en skone ambassadeur van Middelburg wat al op soveel oorsese tydskrifte se voorblaaie verskyn het?

Sy blom steeds soos een van die kosmosse langs ons paaie.

Voordat dit klink of ons windlawaai is, kom ons wees maar beskeie en volstaan met: Middelburg, jou lekker plek, met lekker mense wat omgee, liefhet, saam treur, saam lag en vir 118 jaar elke week hulle Middelburg Observer getrou ondersteun.

Lees ook: Ons dorp is beter as die Beste(r)

En as jy aan een vat, dan vat jy aan almal.

Ons dorp se burgemeester het ook sommer in die kryt geklim, toe hy hoor daar is lelike goed oor Middelburg gesê. Mnr. Diphale Motsepe, het inwoners se gevoel beantwoord met ’n boodskap: “Martin, kom kuier vir ons, kom kyk self watter fantastiese dorp is Middelburg!”

Ons wil byvoeg: Jy sal uit jou ghitaar bederf word!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button