Absa verloor munte van duisende rande
Absa Bank het nog ’n plaaslike sakeman se duur gedenkmunte, ter waarde van der duisende rande, laat wegraak.

Sakeman Bernard Heyns se waardevolle Nelson Mandela munt is weg, nadat Absa Bank in OR Tambostraat se kluise na die tak by die Middelburg Mall geskuif het.
Mnr. Heyns se seun, wat sy sake bestuur, het twee maande terug besef sy pa se kluis is weg, toe hy na die munt wou gaan kyk.
Hy is op die dag eers in kennis gestel dat die kluise geskuif het, en mnr. Heyns se goue Nelson Mandela gedenkmunt ter waarde van R875 000, kon nie opgespoor word nie.
Daarna het nog ’n sakeman, mnr. Derick Naidoo navore gekom, nadat hy ’n hele versameling van munte op die selfde wyse verloor het.
Die munte is der duisende rande werd en sluit onder andere ’n sokker gedenkmunt in.
Mnre. Heyns en Naidoo het albei gesê dat die bank hulle nooit in kennis gestel het van die skuif nie, ten spyte van dat hulle aanhou huur betaal het op die kluise.
Absa se media woordvoerder het in ’n verklaring gesê dat die standaard protokol toegepas is met die trek van die kluise.
Hulle het bygevoeg dat ’n moontlikheid van diefstal uitgesluit is, omdat net die huurder van die kluis weet van die inhoud, en dat personeel nie toegang kan kry tot die kluise nie.
Mnr. Heyns se munt was verseker vir R815 000, maar mnr. Naidoo se samestelling was nie verseker nie.
•Intussen het nog eienaars van veiligheidskluise www.mobserver.co.za genader om hulle kommer uit te spreek oor hulle besittings.
