News

Covid eis ‘awesome’ pa en man

Juan Jooné (54), die man wat nie net ’n groot rol in sy gesin nie, maar ook in ander mense se lewens gespeel het, is op 8 Junie aan Covid-19 verwante nagevolge oorlede.

Volgens sy vrou, Edna, het hy op 10 Mei ’n knievervangingsoperasie in die Life Midmed Hospitaal ondergaan. Sy het hom op 13 Mei by die hospitaal gaan haal.

Me. Jooné onthou hoe hy op 16 Mei begin hoes het en sy hom ’n dag later dokter toe gevat het.

“Hy het nie tipiese simptome gehad nie en is daar vir hom verkoue medikasie gegee.”

Op 21 Mei was hy egter só siek dat sy hom in die vroeë oggendure hospitaal toe geneem het en is hy dadelik in die intensiewe eenheid opgeneem. Mnr. Jooné is later na die chirurgiese intensiewe eenheid geneem, omdat hy nie meer aansteeklik was nie.

Die oggend van 8 Junie is me. Jooné laat weet dat dit nie goed gaan met haar man nie en kon sy en haar suster, Ansie, van 15:00 tot met sy afsterwe kort na 17:00 by hom deurbring.

“Ek kon op die masjiene sien hy hoor my. Ons het vir hom gebid en ek het vir hom gesê: “My liefie, jy kan maar huistoe gaan.”

Kort daarna is hy oorlede.

“Ons harte is stukkend. Ons het gedink hy gaan op ’n stadium huistoe kom.”

Me. Jooné sê sy het sedert sy afsterwe “al hoe meer besef hoe ’n groot rol hy in talle mense se geestelike lewens gespeel het. Juan was ’n awesome man vir my en ’n goeie pa vir sy kinders.”

•Mnr. Jooné was vir etlike jare ’n polisieman en was hy ’n bekende by die polisiestasie, die voertuigdiefstal- en die honde-eenheid. Hy was die laaste paar jaar die Sekuriteitsbestuurder by Stallion Sekuriteit by South 32.

Mnr. Jooné word oorleef deur sy vrou, Edna, kinders, Juan (jnr), Hencu, Dian en WJ en skoondogter Marisca.

’n Roudiens word Donderdag om 12:00 uit die Corpus Christi gemeente gehou. Die diens sal virtueel gevolg kan word op mnr. Joone se Facebookblad.

•Juan (jnr) en Marisca bly in Amerika en sal nie die roudiens kan bywoon nie.

•Me. Jooné wil graag vir Hencu baie dankie sê wat WJ versorg het terwyl sy en Dian ook die virus onder lede gehad het.

 

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button