News

Drie beseer in veldbrand

Die wêreld was Sondag aan die brand met minstens drie vure wat in die omgewing gewoed het.

• Twee mans is in die hospitaal en ’n derde het brandwonde aan sy gesig en voet opgedoen tydens ’n wegholvuur in die Elandspruit omgewing tussen Middelburg en eMalahleni.

Lucinda Beukes sê dat die eerste berigte van die vuur teen 11:00 op hul gemeenskapsgroep gestuur is. Die vuur het van die N4 se rigting al die pad tot by die R555 (Ou Witbankpad) gebrand.

Me. Beukes was nie teenwoordig toe die mans beseer is nie, maar het gehoor dat hulle verbrand het terwyl hulle besig was om vuur te slaan en die wind skielik gedraai het.

Dit is tans onduidelik hoeveel hektaar daar afgebrand het.

Daar is sprake van twee plaaswerkers se huise wat vernietig is. Lydia Sutherland se seun, Gareth, is tans in die Kosmos Hospitaal met 14% brandwonde op sy arms.

Sy sê dat dit absolute chaos was met die vuur maar dat alles goed gegaan het, tot dit skielik skeef geloop het.

Mnr. Sutherland is beseer toe hy ’n vuur, wat oor ’n voorbrand gespring het, probeer doodslaan het. Iemand anders, wat hom nie gesien het nie, het met ’n blaser nader gehardloop en sodoende die vlamme reg op mnr. Sutherland geblaas. “Dit was ’m fratsongeluk. Ons verkwalik niemand,” het me. Sutherland verduidelik.

Sy sê dat dit goed gaan met haar seun en dat hy Maandag weer teater toe is sodat sy wonde skoongemaak en verbind kan word.

Hul seun het laat weet dat daar nog iemand van die brand af in die hospitaal is. Volgens hom is die persoon in die hoësorg eenheid met 40% brandwonde opgeneem.

’n Derde persoon is beseer maar is nie hospitaal toe nie.

•’n Vuur het op die buurplaas langs Pienaardam uitgebreek. Me. Venessa Pretorius sê dat hulle die grootste gedeelte van hul wildskamp se weiding verloor het en dat daar drade beskadig is maar genadiglik geen diere of geboue nie.

• Daar was ook ’n vuur wat in die middel van ’n mielieland in die Van Dijksdrift area aan die brand gesteek is. ’n Groot gedeelte mielies, wat nog gestroop moes word, is verwoes.

• ’n Vuur het ook op die plaas Lemoenpoort langs Doornkop gebrand. Dit kon gekeer word voordat dit na buurplase versprei het.

• Die Brandbeskermingsvereniging voorsitter, Helgaardt Muller, sê dat dit van kardinale belang is dat mense brandopleiding kry.

Die basiese opleiding word gratis aan lede en nie-lede gebied. Hy meld dat dit belangrik is dat daar voorsorg getref word vir die brandseisoen wat op ons voorstoep is. Permitte moet bekom word vir voorbrande en ook as inwoners op plotte hul asgate wil brand.

 

 

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Check Also
Close
Back to top button