Vleisdiewe los net koppe agter
Kommersiële en bestaansboere voer ’n opdraende stryd teen vleisdiewe wat hul beeste snags in die veld slag.
Een so ’n bestaansboer het in die afgelope ses maande bykans 25% (’n kwart) van sy oorblywende veekudde verloor.
Hendrink Skoloza het Maandagoggend net na 01:00 wakker geword van sy honde wat blaf. Sy beeste slaap in ’n kraal langs sy huis.
Toe mnr. Skoloza gaan ondersoek instel, het hy gesien sy kraal se hek lê oop. Hy het dadelik die plaaslike sekuriteitsmaatskappy van sy werkgewer gebel en hulle het die spoor in die donker gevat. ’n Paar honderd meter verder het drie van mnr. Skoloza se koeie, reeds geslag en opgesny, gelê.
Dit blyk egter dat hulle die boewe skrik op die lyf gejaag het voor hulle die vleis kon weg ry. Van die vleis was reeds in boude en blaaie gesny, met die vel steeds aan.

Mnr Skoloza se dogter sê dat twee van die koeie dragtig was en die derde een ’n kalf gehad het.
Die familie se honde was ook teen sonsopkoms dood, nadat die veediewe vermoedelik gif uitgegooi het om hulle stil te kry voor die diefstal.
Die familie het sowat 15 beeste oor.
Daar is in totaal al sewe beeste by hulle geslag waarvan vyf in 2021 geslag is.
Mnr. Skoloza en sy familie bly langs die Tweefontein grondpad wat uit die N11 (Hendrinapad) draai net na die N4.
•’n Kommersiële boer wat langs Doornkop in die Banke omgewing boer, het Woensdagnag ook drie beeste op soortgelyke manier verloor.
Net die koeie se koppe is in ’n bos opgetel waar hulle geslag is. Twee van die koeie wat geslag is het reeds kalfies gehad terwyl die ander een dragtig was.
Terwyl die boer op die toneel was, het ’n bestaansboer verby gekom op soek na 25 van sy beeste wat gesteel is.
Die koeie se waarde is ’n geskatte R10 000 per kop.
Do you have a news lead? Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news. Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
