‘So onthou ek vir Thinus’
As hy na sy goeie opbrengste kyk, is dit met ’n warm hart wat Michael Allen altyd sal onthou wat Thinus van der Linde (81) vir hom beteken het.
Mnr. Van der Linde is op 3 Junie weens Covid-19 nagevolge oorlede.
Mnr. Allen onthou hoe hy mnr. Van der Linde as jong boer sowat 40 jaar gelede ontmoet het.
“Hy het my gehelp om beter oeste te bekom en met sy raad kry ons nou dubbeld meer as destyds. Hy was so deel van ons hoër opbrengste.”
As hy terugdink aan die tye saam met mnr. Van der Linde “was hy nie vir my die persoon wat kunsmis verkoop het nie. Hy was méér, ’n vriend, my vennoot!”
Mnr. Allen sê dit was egter nie net hy wat baat gevind het by mnr. Van der Linde se kundigheid nie.
“Hy het vir die meeste boere in die omgewing daardie jare ’n helpende hand gegee en het hy ’n groot aandeel in hul suksesse in die landboubedryf gehad.”
Mnr. Allen glo hy praat namens baie mense as hy hom beskryf as ’n persoon wat altyd, enige tyd van die dag of nag, beskikbaar was vir raad.
“My leuse van: ‘voed die grond, nie die plant nie,’ het ek by hom geleer. Hy het so baie kennis gehad oor kunsmis en grondkunde. Hy het van die begin af my honger potensiaal gesien en dit ontgin. Hy was die een wat ons almal bekend gestel het aan vloeibare kunsmis en word dit steeds vandag gebruik.”
Dit is egter nie net as legende in die landboubedryf wat hy hom sal onthou nie.
“Thinus was ’n baie spesiale mens. Hy het respek vir mense en die landbou gehad. Hy was ook ’n eerlike man, ’n yster, ’n staatmaker wat ’n verskil in mense se lewens gemaak het. Ons gaan hom mis.”
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
