Oom Dobber sterf na stryd teen kanker
Die welbekende Belfast inwoner, oom Dobber Engelbrecht (74), is na ’n stryd teen kanker op 16 Junie by hul huis oorlede.
Sy seun, Tabbie, sê sy pa is verlede jaar met kanker gediagnoseer en was hy vir ’n ruk in remissie. Die kanker het egter vroeg hierdie jaar weer teruggekeer.
“Hy is in my suster, Riana, se huis oorlede, waar sy en my ma, Sannie, so mooi na hom gekyk het.”
Hy het sy pa ’n “mense mens” genoem, “wat altyd gelag, almal gehelp het en graag raad gegee het.”
Die gesin het vroeër jare op Marble Hall en later op Stoffberg gebly, waar hy ’n werknemer was vir Shell Chemies.
Mnr. Engelbrecht is vandaar na Belfast waar hy lank die eienaar was van Voorspoed Spaardele. Hulle het vir ’n paar jaar op Middelburg vir sy broer, Carel, gewerk en is sowat 10 jaar gelede terug na Belfast waar die egpaar by hul dogter gebly het.
Mnr. Engelbrecht word oorleef deur sy vrou, Sannie, kinders Hein, Tabbie, Riana en Voories, skoonkinders Marna, Hanlie, Willem en Wilma en agt kleinkinders.
Die begrafnis is more (Dinsdag) om 11:00 uit die Hervormde Kerk op Belfast. Die skakel vir die diens sal op dié tyd beskikbaar wees op Riana de Villiers se Facebookblad.
•Die familie wil graag almal bedank vir hul ondersteuning deur middel van oproepe en boodskappe.
Do you have a news lead? Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
