News

Boer sterf na fratsongeluk met waterkar

’n Boer van die Dullstroom distrik het verlede Donderdag in ’n fratsongeluk gesterf, nadat hy tussen ’n trekker en waterkar ingeval het.

Mnr. Hendrik van der Merwe (63) het op die toneel op die plaas Grootsuikerboschkop gesterf. Me. Anje Grobler, ’n familievriend, het namens die gesin navrae hanteer.

Sy het ’n WhatsApp boodskap gestuur, waarin mnr. Van der Merwe se dogter, Janine, vertel wat gebeur het.

Die boodskap sê dat hulle met die werkers wat op die toneel was gepraat het oor wat presies gebeur het.

“Dit was ’n fratsongeluk. Hulle het voorbrand gemaak Donderdag en soos my pa is, moes die waterkar vol voor die dag afgesluit kan word.”

Mnr. Van der Merwe en sy hondjie, Fiela. Die hondjie het hom soos ’n skaduwee gevolg.

Die trekker was op ’n afdraende gestop, en mnr. Van der Merwe het afgeklim om waarskynlik te kyk hoeveel water nog in die tenk is.

“Die trekker het begin vorentoe beweeg as gevolg van die momentum van die water in die tenk. Ek dink hy het gedink om eerder van agter af op te spring, sodat die groot wiel van die trekker hom nie raakry nie. So hy het tussen die trekker en waterkar opgeklim.”

In die boodskap word verder gesê dat sy baadjie vasgehaak het aan die waterkar en hy het geval, moontlik weens die klipperige area.

“Die waterkar is bo-oor sy bors.”

Op hierdie tydstip het die werkers bygekom en hom gekry waar hy in ’n gehurkte posisie sit.

“Hy wou opstaan en hulle het hom opgehelp. Hy het net gesê ‘Eish’ en half inmekaar gesak. Hulle het hom neergelê op die grond.”

Me. Grobler sê die werkers het na ’n nabye plaashuis gehardloop vir hulp. Hy is later deur ’n paramedikus dood verklaar op die toneel. Mnr. Van der Merwe was ’n bekende en geliefde boer in die omgewing.

Mnr. Van der Merwe saam met sy dogters, Rieks en Janine.

“Hy was ’n boer in murg en been en het geleef vir sy gesin. Sy twee kleinseuns was sy hart se punt. Hy was ’n absolute gentleman en niks was ooit vir hom te veel om vir ander te doen nie.”

Mnr. Van der Merwe het sy lewe lank in die omgewing gebly en geboer.

Mnr. Gerhard Delport (Afriforum Buurtwagleier) het hom beskryf as ’n man met ’n groot hart.

“Dit was sy wêreld dié. Almal het hom goed geken. Hy het altyd gehelp waar hy kon.”

•Mnr. Van der Merwe word oorleef deur sy dogters, Janine en Rieks, skoonseun Louis, en kleinseuns Henco (7) en Jano (4).

•Teen druktyd was daar nog nie begrafnisreëlings getref nie.

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button