News

Booswig dreig mense op Instagram

’n Booswig het ’n gesin, wat op’n plot bly in die omgewing, per Instagram gedreig.

Een van die boodskappe wat Saterdag gestuur is, sê onder andere: “Good luck for tonight.”

Daar is aanvanklik gedink dat die persoon dalk vir die verkeerde persoon dit gestuur het, want daar word duidelik gevra: “Excuse me? I think you might have the wrong person.”

Hy antwoord hulle egter terug in Zoeloe en gebruik hul van. Die betekenis van die woorde wat hy gebruik het, is “kyk hier”.

Die gesin, wat verkies om anoniem te bly, het dadelik die bure in die omgewing van die dreigement in kennis gestel en ook voorsorg getref om hulself te beveilig.

“Ons het die profiel probeer nagaan, maar die persoon het ons geblok. Ons het kennis geneem daarvan, maar gaan nie paniekerig wees nie. Ons het net almal laat weet dat hulle paraat kan wees.”

Hulle het gemeld dat die reaksie van hul bure, die Delta en ander noodgroepe in hul onmiddellike omgewing, “ongelooflik was. Ons is rustig in ons hart. Ons weet dat ons op hulle kan staatmaak, sou dit nodig wees.”

Die gesin het ook die polisie van die dreigement in kennis gestel.

•Mnr. Chris van der Walt, operasionele bestuurder, Titon Sekuriteit, het van die dreigement te hore gekom en het hy self ook ’n draai in die omgewing gaan ry om uit te kyk vir verdagte persone.

Hy het vir die Titon reaksielede aangesê om op ’n gereedheidgrondslag te wees, sou dit nodig wees om die mense op die plot te gaan help.

Mnr. Van der Walt glo die persoon wat die boodskappe gestuur het, “het net ’n bangmaak tegniek gebruik. Aanvallers gaan jou nie sommer vooraf waarsku as hulle op pad is nie.”

Hy sê sy persoonlike opinie is dat mense nie moet toegee aan vrees wanneer hulle so ’n dreigement kry nie.

“Bly kalm, bel die polisie en laat jou bure weet. Moenie paranoïes raak nie, maar tree tog verantwoordelik op. ’n Mens kan dit nie ligtelik opneem nie.”

Mnr. Van der Walt sê die gesin op die plot, maar elke persoon daarbuite moet weet dat misdadigers oral is en daar basiese dinge is hoe jy jouself en jou eiendom kan beveilig.

“Verander byvoorbeeld jou roetine, gaan ongereelde tye huistoe en maak seker jy het ordentlike diefwering wat hulle nie maklik kan oopbreek nie.”

 

 

 

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button