News

Dominee sê Frankie het geen gewete

Frankie Swart “het nie ’n gewete nie” sê ’n plaaslike leraar.

“Hy is ’n kroniese leuenaar. Frankie wil nie gehelp word nie,” het ds. Ferdie Devenier gesê.

Frankie het lank by hom in hul buitekamer gebly en hoog en laag gesweer dat hy die dwelmgewoonte afgeskud het. Na aanleiding van sy voertuig se opsporingstelsel het hy vroeër hierdie jaar agtergekom dat Frankie vir hom lieg.

“As ek hom gekonfronteer het, het hy elke keer vir my gejok. Ek het nie vir Frankie een of twee kanse gegee nie. Ek het hom drie, vier, vyf, kanse gegee…”.

Hy het Frankie verlede jaar leer ken toe hy by sy hek kom bedel het.

“Ek het vir hom R30 gegee, maar vir hom gesê ek wil nie vir hom geld gee nie, hy moet vir my werk doen.”

Frankie het opgedaag, paneelklopwerk aan sy voertuig gedoen en begin om dit te spuitverf, maar nie klaar gemaak nie. Op daardie tydstip moes ds. Devenier Kroonstad toe vir ’n begrafnis en daar het ’n klomp goed by sy kerk weggeraak, waaronder ’n leer, ’n boor, ’n blaasvlam en ’n verlengingskoord.

Frankie was ook weg en ds. Devenier het uitgevind dat hy in Durban is. Hy het iemand gestuur om te gaan kyk waar Frankie is en vir hom gesê hy kan terugkom. Die voorwaarde was dat Frankie die skade wat hy en sy neef aangerig het met die diefstal terugwerk, terwyl hy by ds. Devenier bly.

“Hy het heeltemal skoon gekom van die dwelms en ek het hom begin vryhede gee.”

Later het Frankie homself so mooi bewys, dat ds. Devenier hom toegelaat het om vir hom parte te gaan koop.

“Hy het nie geweet daar is ’n opsporingstelsel in my voertuig nie en kon ek sien dat Frankie na ’n park is in Mineralia, dieselfde plek waar hy voorheen dwelms gekoop het.”

Ds. Devenier het hom gekonfronteer, maar sê dat Frankie vir hom gejok het.

“Ek het ’n sagte hart en het baie geld spandeer om Frankie te help. Ek sit met nagevolge omdat ek hom wou help. Frankie belieg almal. Hy het al sy kanse verspeel. Hy het géén gewete nie!”

 

 

 

 

 

Do you have a news lead? Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button