News

Pasop vir kansvatters op WhatsApp

Loop lig vir vreemdes wat jou op WhatsApp kontak. Die goue reël dat as iets te goed klink om waar te wees, dit heel moontlik te goed is om waar te wees, hoort te geld as dit kom by maklike rykword skemas.

Indien jy aan WhatsApp groepe behoort, waarvan die skakels op sosiale media geadverteer is en enige iemand kan aansluit, hoort jy te weet dat enige iemand anders op die groep toegang het tot jou nommer, profielfoto en watter inligting jy ookal kies om op jou status of onder ‘About’ bekend te maak.

’n Plaaslike inwoner is onlangs deur twee onbekende nommers op WhatsApp gekontak. Beide persone, ’n man genaamd Harry Kelvin en ’n vrou Amahle, het bolangse geselsies aangeknoop, voordat hulle die gesprek in die rigting van ‘maklike beleggings’ gestuur het.

Jy registreer bloot op Telegram op die beleggingsplatform, belê jou geld, die geld word dan gekoppel aan Bitcoin, goud of watter kommoditeit ookal op daardie oomblik groei en na net vier dae sal jy astronomiese groei sien, het die vrou vriendelik per boodskap verduidelik. Hier sal meeste regdenkende mense, soos die persoon wat gekontak is, reeds kop uittrek. Vir die res, wat hoopvol voort beur met die gesprek in die hoop om vinnig en maklik ryk te word, word die net al hoe wyer gespan.

Indien jy die woorde “Apex Investment platform scam” Google, verduidelik die eerste twee soekresultate hoe voordelig die tipe beleggings kan wees.

“It is a broker that is regulated and offers quality trading so we hope you can learn more about this platform,” lei die eerste een se inleiding.

Die tweede is min of meer op dieselfde trant.

’n Goeie internet sekuriteitsprogram behoort jou te waarsku dat die webadres wat jy wil besoek twyfelagtig is, maar indien jy nie sekuriteit in plek het nie en na ’n rede gesoek het om die kansvatters te glo, is die net nou mooi styf om jou gespan, gereed om jou hardverdiende geld te sluk.

• Daar is vasgestel dat die twee persone, albei deel is van ’n plaaslike koffiewinkel se WhatsApp groep waarop daar daagliks ete aanbiedinge gedeel word. Die betrokke eienaar is van die nommers verwittig en sy het dit geblok.

 

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button