News

Kaiing beland darem nie by slaghuis

’n Varkie, kom ons noem hom Kaiing, het gelukkig nie vanoggend sy pad na die slaghuis gevind nie, maar na ’n gesin in Melrosestraat in Dennesig!

Jare gelede het ’n troetelvarkie van ’n bakkie af geval, reg voor ’n slaghuis in die dorp. Gelukkig het die slagter nie vir hom ’n appel in die bek gesit en laat braai vir die feestafel nie, maar met die hulp van die Middelburg Observer sy eienaars opgespoor.

’n Spekvet vark het ook in November 2020 in Dennesig se strate rond gekuier.

Die knapie van vanoggend het die honde omtrent omgekrap in dié straat. Me. Alicia Kromhout het hom maar in haar erf laat ingaan.

As jy jou vark (nee, nie jou man nie!) vermis, bel me. Kromhout by 078 190 7074.

Lees ook: Daar is ‘n vark in Dennesig!

Vlakvark ‘besoek’ die Middelburg Observer

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button