News

Weg in 20 sekondes! Begrafnisondernemer bied beloning aan vir gesteelde rekenaar

Twee mans het gisteroggend binne 20 sekondes by ’n begrafnisonderneming ingebreek, ’n rekenaar gesteel en weer verdwyn.

Mnr. André van Wyk (Roseleigh Begrafnisdienste) sê hy bied ’n beloning aan vir inligting wat waartoe sal lei dat die skuldiges gevang en die rekenaar teruggekry word.

Mid Alarms was binne twee minute hier, maar toe was die inbrekers reeds weg,” sê mnr. Van Wyk.

Volgens videomateriaal van sekuriteitskameras van naby geleë besighede en sy eie onderneming, het die voertuig (silwer of grys) omstreeks 04:30 in Wesstraat afgery. Die voertuig het regs gedraai in Hoogstraat, omgedraai en by die stopstraat (hoek van Hoog- en Westraat) sy ligte afgesit.

Lees ook: Skootrekenaar gesoek na ongeluk

Daarna het hulle, steeds sonder ligte, voor Roseleigh Begrafnisdienste gestop.

“Hulle moes al voorheen in die kantore gewees het, want hulle het presies geweet by watter ingang om die deure oop te breek om die vinnigste by die rekenaar uit te kom. As hulle by die ontvangs ingebreek het, sou hulle die binnedeur ook moes oopbreek en dan sou die reaksielede hulle nog op die toneel gekry het.”

Die tweede dief het die rekenaarboks ontkoppel.

Die boewe het die voordeur met ’n koevoet oopforseer, ingehardloop, die rekenaarskerm en -boks gegryp, hul kabels uit die muurprop uitgehaal en weer uitgehardloop.

“Die reaksielede van Mid Alarms was by Debonairs en toe die alarm afgaan, het hulle dadelik soontoe gejaag. As jy kyk na die tyd op die CCTV kameras, was hulle binne 20 sekondes in en uit!”

Lees ook: Dief buk langs bedkassie om man se selfoon te steel

Mnr. Van Wyk sê die kostes om die rekenaar te vervang en die deure reg te maak en te versterk, gaan omtrent R20 000 beloop.

•Hulle het nie baie inligting op die rekenaar verloor nie, omdat hulle gereeld alle inligting op ’n ander stelsel stoor.

Al wat hulle wel vinnig moes oordoen, was die voorbereiding van begrafnisse vir die res van die week en die naweek.

“Alles is egter reeds weer op datum.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button