News
Bobby sterf by huis weens virus
Net etlike ure vandat mnr. Bobby McDonald (55) ernstige Covid-19 simptome begin wys het, het hy by sy huis in Vaalstraat (Groenkol) gesterf.
Sy vrou, Elna, sê hy het Sondagoggend benoud gevoel en het hulle het vir hom ’n mobiele suurstofmasjien gekry.
Omstreeks 18:00 het hy egter opgehou asemhaal en het sy seun, Paul, en sy vriendin, Tatum Steyn, vir sowat 45 minute noodbehandeling toegepas.
Hy is kort daarna deur paramedici dood verklaar.
Mnr. McDonald het op 11 Junie positief getoets en eers drie dae later verkoue simptome ondervind. Hy het geen ander simptome gehad nie.
Mnr. McDonald word oorleef deur sy vrou, Elna, kinders Derick, Paul, Gummy, Gerhard en Kenneth, skoonkinders en agt kleinkinders.
•Daar is vanoggend ’n roudiens by die kapel by die begraafplaas gehou.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
