News

Dokter vlug glo voor verkeersmanne

Daar is ’n “standoff” tussen ’n dokter en verkeersbeamptes volgens verskeie boodskappe wat www.mobserver.co.za bereik het.

Volgens WhatsApp boodskappe het die dokter van Pretoria tot Middelburg vir verkeersbeamptes weggejaag, nadat hulle hom wou aftrek. Die dokter het onder hulle uit gejaag, tot by Life Midmed Hospitaal, waar verkeersmanne vir hom by sy motor in die dokters se parkeerarea wag. Boodskappe wat aan www.mobserver.co.za gestuur is deur verskeie bronne, het die dokter geïdentifiseer, maar sy naam word weerhou, omdat hy nie vir kommentaar bereik kon word nie. Omstanders in die parkeerterrein het die verkeersmanne se teenwoordigheid bevestig Toe ’n afdeling by die hospitaal geskakel is, is gesê dat die dokter ’n “pasiënt” daar is. Dit is onbekend waarvoor verkeer die dokter probeer aftrek het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button