News

Drade op plaas geknip, gif gegooi, beeste uitgejaag

’n Bul word steeds vermis nadat drade op ’n plaas naby die Elandslaagte skool geknip en beeste uitgejaag is.

Me. Marinda Lusse sê hulle het die volgende oggend ook rottegif gekry, maar hul honde het gelukkig nie daaraan gevreet nie.

Hulle is Dinsdag in die vroeë oggendure gewek met die aanhoudende geblaf van een hond. Hulle het uitgekyk maar niks gesien nie en die hond stil gemaak.

Die volgende oggend het hulle gesien dat die drade geknip en van die beeste uitgekom het.

“Dit is nie ons beeste nie. Ons laat toe dat die persoon sy beeste by ons hou. Ons het dadelik die spore gevolg om te kyk of ons die beeste kan opspoor.” Hulle het ook die eienaar van die beeste laat weet.

Naby ’n winkel het hulle die beeste in ’n erf gekry. “Die drade was by hom ook geknip!”

Me. Lusse sê nog net die een bul is nog soek. As enigiemand moontlik die bul (brandmerk BCV) opmerk, kan hulle haar bel by 063 390 0160.

•Die afgelope drie maande word die gesin se klere ook gereeld van die wasgoedlyne af gesteel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button