Singo getakel oor prospekteringsaansoek
Afriforum neem weer die stryd op teen Singo Consulting in Machadodorp, weens beplande steenkoolmynery deur Legare Mining op die De Kroon-plaas.
Die Afriforum-tak in Machadodorp het insette teen die prospekteringsaansoek gelewer.
Dit is die derde Singo prospekteringsaansoek namens Legare Mining wat Afriforum teëstaan. Die eerste aansoek waarby Afriforum betrokke is, is in die Groot Marico-omgewing.
Singo Consulting het slegs ’n agtergrondinligtingstuk vir Afriforum gestuur en geen verdere dokumentasie of uitnodigings na openbare deelnameprosesse nie.
Singo is ook in 2019 deur Afriforum aangekla van bedrog nadat ’n mynbou-aansoek se omgewingsimpakstudie deur hulle gedoen is.
Beweerde plagiaat het tot die aanklag gelei. Verskeie vorige impakstudies wat op die internet beskikbaar is, is glo in die 2019 impakstudie gekopieer.
Lees ook: Influencers join the fight to stop coal mining application
Die myn sou binne die buffersone voor die Kruger Nasionale Park naby Komatipoort oopgemaak word.
“Hierdie maatskappy het nie aan die nodige wetgewing voldoen om die openbare deelnameproses suksesvol te voltooi nie en ons sal die proses verder teenstaan indien die openbare deelnameproses nie wetlik gevolg kan word nie,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir AfriForum in die Laeveld.
Op eie bodem word daar ook teen drie soorgelyke aansoeke deur Singo beveg deur onder meer DA parlementslid Annerie Weber.
Aansoeke is op Bezuidenhoutshoek Privaat Natuurreservaat waar van die distrik se oudste broodboomkolonies voorkom, gebring, ten spyte dat ’n vroeë Glencore studie bepaal het daar is geen steenkool aanwesig op die reservaat nie.
Singo het ook ’n prospekteringsaansoek vir steenkool binne 500m van die Middelburgdam, die dorp se hoof waterbron, gebring.
Die ander aansoek was op Kranspoort waar daar ook geen steenkoolriwwe voorkom nie.
Lees ook: Bezhoek Trail Run
