News

Maak brandweer en dorp trots met onderhoud van rivier, vra kampvegter

Volgens dr. Terblanché sal die voorbeeld wat die brandweer stel, inwoners motiveer, wat op hul beurt weer die area skoon sal agterlaat en nie die bates soos betontafels, stoele en braaiers beskadig nie.

Plaaslike inwoner, dr. Kobus Terblanché, wat daagliks met sy honde langs die Klein Olifantsrivier stap, is ’n kampvegter vir die rivier se behoud, nie net om besoedeling hok te slaan nie, maar ook om die rivier en sy oewers as een van Middelburg se grootste trekpleisters te onderhou.

Hy het in April ’n werkbare voorstel by die munisipaliteit ingedien, maar tot hede nog niks van hulle oor die voorgestelde plan gehoor nie. In die brief aan die munisipaliteit, stel dr. Terblanché, wat sê dat die rivier een van die dorp se “beste bates is,” voor dat die plaaslike brandweer verantwoordelikheid vat vir die onderhoud en instandhouding van die openbare areas rondom die rivier van die Lilian Ngoyistraat-brug tot by die Walter Sisulustraat-brug.

Hy meen dat dit die area op die voorstoep van die brandweer is en dat die munisipaliteit die brandweer moet toerus om die gedeelte te onderhou. Dr. Terblanché sê dat dit ’n “prestige projek” vir die brandweer kan word en dat groot borde met die brandweer se kredo, en hul spesifieke betrokkenheid by die projek,

aangebring kan word. Volgens dr. Terblanché sal die voorbeeld wat die brandweer stel, inwoners motiveer, wat op hul beurt weer die area skoon sal agterlaat en nie die bates soos betontafels, stoele en braaiers beskadig nie.

Die munisipaliteit se parke-afdeling onder leiding van Dalene Lampbrecht doen uitstekende werk om die dorp se openbare areas netjies te hou. Die departement kan egter nie voorbly met die vervanging van gevandaliseerde eiendom, veral rondom Kees Taljaard Stadion, nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button