News

Bulle geskiet en geslag – R50 000 beloning vir skuldiges

Drie Chianina bulle, met ’n geskatte waarde van R850 000, is deur vleisdiewe geskiet en in die veld waar hulle gewei het, geslag.

Die bulle se eienaar, Christiaan de Jager, sê hulle was deel van ’n trop bulle wat hy vir ’n veiling gevoer het. Die trop loop op die plaas Vygeboom langs die Badplaaspad. Hy het reeds ’n aanbod van R300 000 vir een van die bulle gehad.

Vleisdiewe het drie bulle uit die trop geskiet, maar net twee se vleis gevat en die ander bul se karkas net so gelos.

Die vel en binnegoed is al wat van die peperduur bulle oor is.

Die bulle is almal ingevoerde embrio. Chianina is ’n grootraam Italiaanse beesras wat vir vleis geteel word.

Daar is ’n R50 000 beloning vir inligting wat sal lei tot die skuldigbevinding van die misdadigers.

Inligting kan aan mnr. De Jager verskaf word by 082 569 3359.

• Veeslagtings is ’n reuse probleem. Veediewe keer beeste in die veld vas waar die diere geslag, in stukke opgesny en dan na ’n pad gedra word, waar ’n voertuig dit kom oplaai.

Daar is gerugte van vleis wat in lykswaens, ambulanse, minibustaxis en selfs binne in die tenks van vuurspuite weggery word.

Drie bulle is deur vleisdiewe geskiet.

 

 

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button