News

Dokter jaag vir sterwende pasiënt, aangerand, gearresteer

Kritiekesorgspesialis en narkotiseur, dr. Johannes Smit, is Vrydagmore voor Life Midmed Hospitaal aangerand, in ’n gewelddadige arrestasie, nadat hy uit Pretoria gejaag het, om ’n sterwende Covid-19 pasiënt se lewe te red.

Daar word vermoed die Tshwane hoëspoed intervensie-eenheid, was vir die aanranding verantwoordelik.

Die pasiënt is dood, nadat dr. Smit deur verkeerspolisiemanne buite die hospitaal se hoofingang rondgepluk en toe geboei is. Hulle was ook in besit van hoëkaliber wapens, wat een persoon sê soos ’n outomatiese geweer (AK47) gelyk het.

Nadat hy aanvanklik net buite Bronkhorstspruit afgetrek maar laat gaan is, weens die noodgeval, is hy deur beamptes in ’n ongemerkte voertuig agtervolg.

Met sy aankoms by Midmed Hospitaal is dr. Smit se voertuig reg voor die hospitaal se hoofingang vasparkeer en is daar dadelik aggressief op hom toegesak.

“Sleg!” is al wat dr. Smit Maandagmore vir www.mobserver.co.za gesê het by navraag oor die traumatiese ervaring, voordat hy navrae na sy prokureur, mnr. Danie Schutte, verwys het.

Dr. Smit was so erg deur die voorval getraumatiseer dat hyself vir skokbehandeling opgeneem is. Die vernederende voorval het voor geskokte besoekers, hospitaalpersoneel en sekuriteitswagte plaasgevind.

Dr. Smit was so haastig om by die sterwende pasiënt uit te kom, dat hy reg voor Life Midmed se hoofingang gestop het, waar hy deur beamptes vasparkeer, aangerand en gearresteer is.

Eers nadat ’n matrone en senior verpleegster by die verkeersbeamptes gepleit het, is dr. Smit die hospitaal ingelaat, waar die pasiënt intussen dood is.

Die dokter het na die hospitaal gehaas, nadat hy ’n tweede keer geskakel is het met nuus dat die pasiënt uiters kritiek is. Hy is aanvanklik deur ’n bekommerde internis ontbied om die pasiënt te intubeer.

Die beamptes wou geen rede insien nie, en waardevolle minute is tydens die arrestasie gemors.

Dr. Smit is ’n paar uur vir skok behandel in die Midmed Hospitaal en later in die sorg van sy familie ontslaan.

Mnr. Schutte sê dat dr. Smit aangerand is en daar vermoed word dat sy ribbebene gekraak is tydens die “onregmatige arrestasie”.

“Hy is in geweldige pyn,” het mnr. Schutte bevestig.

Mnr. Schutte sê dat hulle ook nie presies weet of die eenheid wel verbonde is aan die Tshwane metropolisie nie. Dr. Smit se voertuig was duidelik gemerk dat hy ’n kritiekesorgspesialis is.

Mnr. Schutte het verneem dat dr. Smit op ’n klag van bestuur bo die toegelate spoedperk aangekla is in Bronkhorstspruit.

“Die saak gaan egter nie in enige hof staan nie, ons praat van ’n professionele man wat die lewe van ’n sterwende pasiënt wou red, nie jou normale jaagduiwel nie”.

Hy sê wat duidelik is, is dat die beamptes dr. Smit met bybedoelings agtervolg het.

“Hulle kon tog sien dat hy verby die polisiestasie by die hospitaal ingejaag en haastig by die pasiënt wou uitkom,” sê mnr. Schutte.

Life Midmed Hospitaal bestuurder, mnr. Hennie Viljoen, het die voorval bevestig, maar gesê dat die hospitaal nie kan kommentaar lewer namens enige dokters in hul privaat hoedanigheid nie.

Pogings om Tshwane metropolisie se kommunikasiehoof, senior superintendent Isaac Mahamba op te spoor vir kommentaar, was onsuksesvol. Sy selfoonnommer het ook onbeantwoord gebly.

 

 

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button