Buurman staan en kyk hoe rowers met wapens by huis ingaan
’n Man moes magteloos staan en toekyk hoe swaar gewapende rowers ’n hek van die spoor afhaal en ingaan by ’n huis.
“Ek het ’n wapen, maar ek het besef as ek ’n skoot afvuur, gaan hulle terugskiet en my vrou was ook in die huis. Ek kon nie ’n oor en weer skietery laat uitbars nie. Ek kon duidelik sien die een dra ’n haelgeweer,” het ’n lid van die gemeenskapspolisiëringsforum (wat uit vrees vir sy veiligheid anoniem wil bly) gesê.
Hy en sy vrou was vanoggend tuis en hulle was besig om ’n laat ontbyt, omstreeks 11:15 te maak, toe sy vrou sien dat ’n donker silwer/grys BMW voor een van hul bure se huis op die hoek van Grootvis- en Nossobstraat (Aerorand Wes), stop.
Die egpaar het die voertuig deur die gordyne dopgehou.
“Die volgende oomblik het twee mans uitgeklim en met ’n koevoet die hek van die spoor af gehaal.”
Hy het dadelik ander lede van die GPF in die area, asook die polisie gebel. Terwyl hy gewag het dat die lede moet opdaag, het hy gesien dat die booswigte die hek oopstoot en die BMW in trurat in die erf instoot.
“Albei die mans wat uitgeklim het, het gewere gehad. Ek kon sien die een is ’n haelgeweer, maar ek kon nie sien watter wapen die ander een het nie. Die een man het ’n blou denim aangehad en die ander een ’n swart Drimac baadjie. Albei het Covid maskers en handskoene aangehad.”
Dit was duidelik dat die groep die huis in is en het hulle kort daarna weggejaag. Mnr. Jacques van Niekerk (GPF sektor 2.2) bly net twee blokke van daar af en het soontoe gejaag.
“Ek het op pad soontoe by die BMW verby gejaag en dadelik besef dit is die BMW wat betrokke was. In die verbygaan het ek vier mans in die BMW gesien. Almal het maskers opgehad.”
Hy het opgemerk dat hulle hul Hexrivierstraat opdraai en wegdraai in Keiskammastraat in.
“Ek het ’n U-draai gemaak, maar hulle het te vinnig gery en ek kon hulle nie meer sien nie.”
By die huis waar die rowers in is, het mnr. Van Niekerk ander GPF lede en die polisie gekry. Hy is meegedeel dat die huishulp pas wasgoed opgehang het, toe sy deur die rowers in die huis oorval is. Sy het nog nie kans gehad om die huisdeur toe te maak nie.
Mnr. Van Niekerk sê een van die rowers het haar oor die kop geslaan met een van die wapens.
Hy weet dat twee televisiestelle gesteel is, maar die huiseienaar is nog besig om die huis deur te gaan om te kyk of daar nie nog artikels gesteel is nie.
•Dieselfde BMW is gister op die hoeke van Pongola- en Umlaas gesien, waar dit stil gestaan het met sy noodflikkerligte aan.
“Hulle het natuurlik die omgewing bespied om te kyk waar hulle kan inbreek.”
Do you have a news lead? Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news. Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
