Die ma, die dogter en die jeugleier
Terwyl sy soms sag aan die snik raak, vra ’n enkelma aanmekaar: “waarheen is die waardestelsel van dié kerk? Hoe kan hulle dit net toelaat?”
Die moegheid van gereelde chemoterapie vir kanker is duidelik op haar gelaat sigbaar, maar dit is die hartseer in haar oë omdat sy haar dogter “sommer net so” verloor het, wat ’n mens dadelik opval.
“Ek het my dogter met waardes grootgemaak en daardie dag het sy net so, met die klere aan haar lyf, uit my huis gestap. Nou mag ek nie eers met my kind gesels nie. Ek moet met die jeugleier, wat haar by my huis kom vat het, praat as ek iets vir haar wil sê.”
Die ma (wat verkies om anoniem te bly) sê hulle het verlede jaar van Hartbeespoortdam af hiernatoe getrek en ingeskakel by die betrokke kerk. Haar dogter was op daardie stadium 19 jaar oud.
Ma en dogter het saam ’n besigheid bedryf.
Sy vertel hoe haar dogter by die jeuggroep van die kerk ingeskakel het en die jeugleier daar leer ken het. Die twee het dadelik met ’n verhouding begin.
Hulle bly op ’n plot net buite die dorp en ’n paar weke gelede het haar huishulp haar gebel. Sy kon hoor haar jonger seuns huil en sy het terug gejaag plot toe.
Daar is vir haar gesê dat die jeugleier haar dogter kom haal het.
“Toe my sesjarige tweelingseuntjies huil en vra waarheen gaan hulle, hy het vir hulle gesê ‘f… off!’ en hulle ingejaag die huis in.”
Sy het haar dogter en die jeugleier probeer bel, maar hulle het haar oral geblok.
“Ek het gedink my kind is ontvoer!”
Daarna het sy na sy huis toe gery, maar ook daar is sy nie toegelaat om in te kom nie en kon ook nie haar dogter te sien nie.
“Sy het net laat weet ek moet maar aangaan met die besigheid. ’n Besigheid wat ek saam met haar in Middelburg begin het!”
Uit radeloosheid het sy ’n leraar van die kerk gekontak, maar was geskok oor die reaksie. Eers kon sy hom glad nie in die hande kry nie en het uit radeloosheid ’n ander leraar gevra om hom te bel.
“Met my aankoms by hom, het hy gesê hy ken my nie, maar ek is al ’n jaar in sy kerk én het ’n kursus by hom gevolg. Hy het ook iets onsensitief kwytgeraak oor hoe ek my hare dra, wat ek so kort dra weens die chemoterapie.”
Die leraar het ’n vergadering voorgestel met ma en dogter in sy kantoor.
“Ek en my dogter was daar, maar hy het nie opgedaag nie! Hy het net later gevra hoe het dit gegaan! So as daar mense probleme het met huweliksprobleme en ander familieprobleme, dan gee die leraar vir jou sy kantoor en jy moet dit self uiitsorteer.”
Sy sê die paar minute saam met haar dogter was hartverskeurend. Haar kind het haar “soos ’n vreemdeling” behandel.
“Ek en sy het van geboorte af ’n ongelooflike band gehad. Vanaf twee jaar het ek haar alleen grootgemaak. Sy het my altyd ‘moeder’ genoem. Ons was so close, maar dis net weg.”
Die vrou sê sy weet haar dogter het ’n seksuele verhouding met die jeugleraar.
“Een van my seuntjies het vreemde bewegings gemaak en ek het hom gevra waar hy dit gesien het. Hulle het gesê my dogter en die jeugleraar het dit gedoen. Daaruit kon ek aflei dat hulle seks in my huis gehad het.”
Sy het vir die leraar gesê sy is oortuig daarvan dat die jeugleraar seks het met haar dogter.
“Hoe kan hy ’n voorbeeld stel vir ander jongmense by ander skole en vir hulle preek dat hulle dit nie moet doen nie, maar hyself het seks buite die huwelik?”
Die leraar het haar verseker hulle sal ondersoek stel en hom ’n leuenverklikkerstoets laat ondergaan.
“Daar is mense wat daardie toetse omseil. So as hy die leuenverklikkerstoets slaag, dan gaan daar niks verder gedoen word nie. Maar nie net jok hy vir hulle nie, ons hele gesin is uitmekaar geruk en dit is maar net reg met die kerk?”
Haar hart breek nie net oor haar dogter nie, maar ook oor haar seuntjies wat hele tyd huil en vra: “waar is sussa?”
Sy weet die wêreld daarbuite sal haar dalk skeef aankyk omdat Bybelse waardes nog vir haar so belangrik is.
“Ek het teologie gestudeer en my dogter het ook haar eerste jaar in teologie voltooi. Sy wéét wat reg en verkeerd is. Sy het altyd rook gehaat, maar nou het sy begin Vape rook saam met die jeugleier. Wat is volgende?”
Sy vee weer die trane af en sê met ’n sterk stem.
“Ek het alle bande met die kerk verbreek. Die kérk het my in die steek gelaat. Ek is bang vir enige kerk…”
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
