‘Veediewe’ in vlei vasgekeer na hulle op boer skiet
Boere is tans besig om ’n vlei in Belfast te omsingel nadat twee vermeende veediewe daarheen gevlug het.
Die veediewe het vroeër vanoggend op ’n boer geskiet in ’n skermutseling wat oor gesteelde beeste gegaan het. Belfast is tans ’n brandpunt vir veediefstal met boere wat vingers na een spesifieke familie wys.
Een boer, wat tans op die toneel is, het gesê dat daar gisteraand twee veediewe op die Spitskoppad gevang is en dat daar later die nag gepoog is om by ’n ander boer beeste te steel.
Na wat verneem word het ’n boer vanoggend op verdagte beeste op die Stoffbergpad afgekom. Daar is toe op hom geskiet.
Hy is rakelings gemis en sy bakkie is getref. Die boer het hulp ontbied.
Talle ander boere in die omgewing is tans op die toneel om hulp te verleen.
Daar is vermoedelik drie verdagtes waarvan twee in ’n vlei langs die dorp gaan wegkruip het terwyl een tussen nabye huise ingevlug het. Boere bewaak die toneel om die vlei terwyl die Belfast polisie die verdagte in die dorp soek.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
