News

Jeug‘leier’ en dogter praat oor ma

Die jeug‘leier’ wat kwansuis ’n meisie sonder haar ma se toestemming gevat het, en die meisie, het hierdie week hul weergawe van die gebeure vertel.

“Sy het gedreig sy gaan met die storie koerant toe. En dit alles oor twee duikies op ’n voertuig waaroor sy en haar kêrel baklei het en omdat my meisie siek geword het,” het die jong jeugleier gesê.

Www.mobserver.co.za het vroeër hierdie week berig oor die ma wat kom kla het dat die kerk haar “in die steek gelaat het.” Sy het beweer dat ’n jeugleier met haar kind weggeloop het en dat die kerk se waardes gefaal het, want hulle laat toe dat die jeug‘leier’ seks het met haar dogter.

Sy was ook nie tevrede dat hulle “net ’n leuenverklikkertoets op hom gaan doen nie, want ’n mens kan dit omseil.”

Die twee jongmense gesels met die joernalis in sy ma, ’n eks polisievrou, se sitkamer. Sy ma was ook by tydens die onderhoud.

“Eerstens moet ek sê, ek is nie ’n jeugleier nie, ek is net ’n jeugwerker,” begin die jong man, wat nie veel ouer is as die meisie nie. Die twee jongmense is verstom oor wat haar ma alles te vertel gehad het.

“Dis nie ons wat haar geblok het nie, maar sy wat ons geblok het.”

Die jeugwerker se ma voeg by dat die meisie se ma “al die meisie se goed hier voor my erf kom afgooi het. Ek het haar genooi om in te kom, maar sy wou nie.” Die meisie sê dat haar ma al haar persoonlike besittings, van klere tot haar babafoto’s net daar kom afgooi het.

“Sy het gesê sy skryf my af.”

Hulle is aan mekaar voorgestel deur haar ma en hy het by haar begin kuier. Hy het meer gereeld op die plaas gaan kuier, aangesien die meisie se ma haar en drie aangeneemde seuntjies baie alleen op die plot saam met die huishulp gelos het, sonder ’n voertuig.

“Dit was nie veilig nie. Een keer was sy vir ’n week alleen op die plaas terwyl haar ma by haar kêrel in die dorp gebly het.”

Die onlangse drama het begin toe die meisie se ma haar kêrel se kar vir hulle geleen het, omdat die jong man weer op die plaas moes bly en in oggende moes inkom dorp toe.

Sy het haar vererg omdat hulle een dag met die voertuig rugby toe is en gesê hulle moet die kar terugbring. Kort nadat hulle die voertuig teruggevat het, is hulle gebel en gesê daar is ’n stamp.

Die jongmense was verstom en het gesê dit was nie hulle nie. Die aand het die meisie baie siek geword.

“Ek wou nie my ma pla nie, want ek het geweet sy is kwaad vir my en het ek my vriend gebel.” Die jong man en sy broer het haar gaan haal.

“Hy het nié die sesjarige gevloek nie. Hy het net vir hom gesê ek gaan saam met hulle. Omdat ek so siek was, het ek net my kombers en selfoon gevat en saamgery.”

Die huishulp, wat altyd met die kinders help, het ingekom om vir die nag na die kinders te kyk. Op pad na die jong man se huis, het haar ma se kêrel gebel en is daar vir hom gesê sy is siek, hulle sal later laat weet wat aangaan.

“My foon het af gegaan en omdat sy so siek was, het ek nie terug gebel nie.”

Deur die nag het die jong man se ma na die meisie omgesien.

Hy is vroeg na die skool waar hy as jeugwerker diens doen en toe hy klaar is, het hy die boodskappe van die meisie se ma op sy foon gesien.

Sy het vir hom gevra waar sy haar kind se klere kan afgee, want sy is nie tevrede met wat hulle gedoen het nie.

Oorbluf met haar optrede het hy gesê sy kan dit by sy ma by die huis gaan afgee. Die dogter het ook boodskappe gekry wat gesê het sy “moet dié dag onthou, want wat sy gedoen het aan die seuns is nie reg nie.”

Sy het ook beide die jongmense op haar selfoon geblok. Etlike dae later het ’n vrou, wat haar geïdentifiseer het as ’n polisielid, haar gebel en gesê sy is as vermis aangegee. Die meisie het verduidelik dat haar ma weet waar sy is en ook gesê dat die polisielid kan kom kyk waar sy bly.

Kort daarna het die leraar van die kerk gebel en gesê dat haar ma hul gekontak het en dat hulle dit moet uitpraat by die kerk. Tydens die afspraak met haar ma het sy haar gegroet met die woorde “hallo moeder.”

Dit was egter nie oor hul ma/dogter verhouding waaroor haar ma wou praat nie.

Sy wou net saaklik weet of die meisie nog wil deel wees as direkteur en ander aspekte van hulle besigheid.

“Sy het net gevra of ek gelukkig is. Op die vraag of ek die seuns mag sien, het sy geweier en gesê dit sal nie goed wees vir hul emosionele welstand nie. Sy was ook vies oor die probleem met die kar en gesê sy gaan my kêrel dagvaar vir die skade.”

Dit is op dié tydstip dat sy gesê het sy skryf haar dogter af, dat sy koerant toe gaan en ’n advokaat gaan sien het. Ook dat sy die betrokke kerk “aangegee” het.

“Sy het voorheen kanker gehad en chemo gekry, maar ons weet nie dat sy nou weer chemo kry nie. Sy was ook al twee maal in Denmar. Ons weet nie hoekom sy dit doen nie. Sy het egter gereeld emosionele uitbarstings.”

Oor die leuenverklikkerstoets wat voorlê, sê die jong man hy het geen probleem om dit te laat doen nie.

“My ma het my goed grootgemaak.”

Hy het ook vertel hoe lank hy al ’n pad “met die Here stap” en dat hy twee jaar gelede nog betrokke was by ’n sendinggroep. Hy was saam met hulle in Israel waar hy ook in die Jordaanrivier gedoop is.

 

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button