Terwyl boere hulself al hoe meer in lewensgevaarlike situasies bevind in ’n poging om hul lewendehawe te beskerm, voel dit vir hulle asof veediewe wat gevang word elke keer net skotvry daarvan afkom.
Die misdaad probleem kring uit na lewensverlies met baie plaaslike inwoners wat voel Sue Howarth se moord in 2017 kan aan veediefstal verbind word.
Die moord van Brendin Horner in die Oos Vrystaat het opnuut die kollig op die veediefstal probleem laat skyn, nadat hy ook vermoedelik deur veediewe om die lewe gebring is.
Plaaslik word daar al hoe meer minderjarige verdagtes vasgetrek, wat skynbaar met handskoene hanteer en bloot in die sorg van hul voogde vrygelaat word, wat soms self onder verdenking is.
Daar was in hierdie week talle voorvalle van veediefstal gewees, waar boere in konfrontasie met veediewe was.
In ’n onlangse geval het die konflik tot geweerskote gelei.
Woensdagoggend is daar op ’n boer in Belfast geskiet, toe hy op soek na gesteelde vee, by ’n verdagte se huis opgedaag het.
Twee verdagtes het in ’n vlei langs die dorp gaan skuil, terwyl ’n derde een tussen die huise in gevlug het.
Die boer het hulp ontbied en boere uit die omgewing het opgeruk en die vlei omsingel. Hulle het die vlei later aan die brand gesteek, maar dit blyk dat die verdagtes hulle op een of ander manier ontglip het.
“Hy het geskiet om dood te skiet, maar daai stem wat jou beskerm, het vir die boer gesê om om te draai, toe mis die patroon hom en tref sy bakkie,” het een van die boere op die toneel vertel.
Lees ook: ‘Veediewe’ in vlei vasgekeer na hulle op boer skiet
Die aand voor die skietvoorval het boere in die Spitskop omgewing twee verdagtes gearresteer, wat besig was om gesteelde beeste aan te jaag. Een van die boere sê hulle het patrollie gery nadat daar ’n paar aande tevore drade op die plaas geknip is.
Die verdagtes se selfone het hulle direk aan ’n veediefstalsindikaat in Belfast verbind.
Een van die sindikaatlede, wat reeds vorige veroordelings en ook ’n string hangende klagtes teen hom het, se nommer was die laaste nommer wat deur die verdagtes gebel is.
Die verdagtes is aan die polisie oorhandig.
Daar is intussen uitgevind dat een van die verdagtes minderjarig is en hy is in die sorg van sy suster vrygelaat.
“Ek het ’n saaknommer gekry, maar ek sal maar sien of daar iets van die saak kom,” het die boer aan www.mobserver.co.za gesê.
In nog ’n voorval in die Elandslaagte omgewing is drie verdagtes wat ’n bees aanjaag, Woensdagnag opgemerk deur boere wat patrollie gery het. Hulle kon twee vang terwyl een gevlug het.
Daar is ook ’n sak messe en slaggereedskap by hulle gekry. Een van die verdagtes het op die toneel aan boere vertel dat hulle eintlik vyf persone was en dat dit hul vierde keer hierdie jaar is wat hulle by daardie spesifieke trop kom slag.
Lees ook: Bulle geskiet en geslag – R50 000 beloning vir skuldiges
Hy het beweer hulle word aangesê waar om te gaan slag en word R500 elk betaal. Die vleis gaan glo Mhluzi toe.
Hy het aangevoer dat hulle nie weet wie die persone is wat hulle opdrag gee om die beeste te slag nie. Al die verdagtes was minderjarig gewees.
Een van hulle bly ’n klipgooi van waar hulle gearresteer is en sy ma werk as huishulp op ’n nabye plaas van ’n boer, wat self al tallemale onder veeslagtings deurgeloop het.
“Toe die polisie kom, het hulle vir ons gesê dat daar nie ’n manier is wat ons veediefstal teen die kinders sal kan bewys nie. Daar is toe sake van betreding en opsetlike saakbeskadiging oopgemaak,” vertel een van die boere wat op die toneel was.
“Boere doen moeite om veediewe te vang. En dit is baie keer ’n kwessie van jou lewe wat ingevaar is, soos wat nou weer in Belfast bewys is. Maar daar is geen vervolging nie. Veediefstal sal stop as die skuldiges swaar gestraf word, maar dit gebeur doodeenvoudig nie. Of jy nou jonger of ouer as 18 is, jy moet gestraf word,” het een van die boere gesê.
“’n Boer het verlede jaar in November ook veediewe in ons omgewing gevang. Hulle is hof toe en dadelik uit op borg. Hulle het nooit teruggekeer hof toe nie en daar is nou nog ’n lasbrief uit. Ek wonder hoeveel beeste die verdagtes intussen al gesteel het.”
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
