Polisie op spoor van roofbende wat met kleinkas wegkom
O'Gradys Paint in Celciusstraat sê dat sekuriteit opgeskerp word na gister se gewapende roof waar drie rowers met net die kleinkas weggekom het.

Volgens die maatskappy word geen geld behalwe die kleinkas op die perseel aangehou nie en word die kluis net vir dokumente gebruik. Die maatskappy sê sy kliënte en personeel se veiligheid is van uiterste belang en daarom word deeglike toegangsbeheer toegepas.
Een van die drie rowers het egter gesê hy wou verf koop en toe die hek vir hom oopgemaak is, het hy dadelik ’n wapen op die ontvangspersoneel gerig, met sy twee makkers wat hom ingevolg het.
Die rowers moes stert tussen die bene vlug met ’n minimale bedrag kontant wat in die kleinkas was.
Die polisie is op die spoor van die rowers nadat verskeie positiewe leidrade op die toneel gevind is na die roof.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
