Tarentale rou in kringetjie om karkas van dooie tarentaal
Met geluidjies wat klink soos iemand wat huil het ’n klomp tarentale in ’n kringetjie om die karkas van hul maatjie gestaan en rou.
“’n Idioot wat te vinnig gery het, het die tarentaal doodgery. Almal wat in Kanonkop en Dennesig bly, wéét tog jy moet stadiger ry by die Sterkfontein Gastehuis, want daar is hasies en tarentale!” het me. Lenice Fondse omgekrap gesê.
Sy was op pad huistoe, toe sy afkom op die tarentale wat in ’n kringetjie op die teerpad staan.
Me. Fondse, ’n lewenswetenskap onderwyseres aan Hoërskool Patriot, het ’n liefde vir diere en voëls en was ontsteld toe sy sien hoekom die tarentale so treur.
“Ons onderskat diere se gedrag. Daardie tarentale het gerou.”
Op die video wat sy geneem het, klink dit of die tarentale ‘huil’ oor hul maatjie. Sy het die tarentaal uit die pad uit gevat en op die sypaadjie gesit, sodat daar nie nóg tarentale doodgery word nie.
Me. Fondse sê dit moet ’n persoon wees wat in dié area bly wat die tarentaal doodgery het, want dit is nie ’n deurroete na besighede toe nie.
“Dit sê iets van sy karakter! Daar is juis onlangs ’n stopstraat aangebring, maar dit is bloot geïgnoreer! My voorstel is dat daar nog spoedwalle opgesit word.”
Sy het vertel hoe sy en haar sesjarige dogtertjie altyd ’n speletjie speel as hulle verby die plot ry.
“My kind vra altyd waar is die hasies en as ons enetjie in die pad kry, dan sê sy hy is stout, hy moet op die sypaadjie wees.”
Me. Fondse voel die diere by die gastehuis maak dit juis uniek om in Kanonkop en Dennesig te bly.
“Wys my nog ’n dorp waar die hasies en tarentale nog so wild kan rondloop. Mense stop Sondae daar om na die bokkies te gaan kyk. Almal ry graag fiets en stap in die omgewing om die hasies en tarentale raak te loop. Daardie persoon wat so jaag stel nie net die diere se lewens in gevaar nie, maar ook mense wat met kinders daar stap!”
•Middelburg Observer redakteur, Tobie van den Bergh, het voorgestel dat die munisipaltieit ’n bord daar opsit wat waarsku dat daar hasies, uile en tarentale in die pad kan wees. Dié bord sal eersdaags opgesit word.
•Jare gelede was daar ’n bord met eende daarop by die Dennesig dammetjies, toe daar nog vele eende van die damme se kant af oor die straat gestap het na huise toe.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
