Tshwane metropolisie ontken betrokkenheid by dokter se aanranding
Dr. Smit se prokureur Danie Schutte beweer hy is in 'n skermutseling met die verkeersmanne aangerand.

Na deeglike interne ondersoek is bevind dat Tshwane se metropolisie nie betrokke was by verlede Vrydag se drama by Life Midmed Hospitaal waat dr. Johannes Smit aangerand is nie.
Dr. Smit was afkomstig van Pretoria nadat hy ontbied is om bystand te kom verleen met ‘n kritieke Covid-19 pasiënt.
Hy is naby Bronkhorstspruit afgetrek maar laat gaan weens die noodgeval.
Na ‘n tweede oproep van die hospitaal het hy voet in die hoek gesit, maar tot by die hospitaal deur ‘n ongemerkte voertuig gevolg.
Die swaar gewapende insittendes wou hom arresteer maar hy is wel later toegelaat om die pasiënt te gaan sien, wat intussen oorlede is.
Dr. Smit se prokureur Danie Schutte beweer hy is in ‘n skermutseling met die verkeersmanne aangerand.
Tshwane se metropolisie ontken egter betrokkenheid.
Mnr. Schutte het intussen bevestig dat dit die Gautengse hoë-spoed intervensie eenheid is wat by die onderonsie betrokke was.
Hulle weet egter nog nie op watter klagtes dr. Smit vervolg gaan word, indien hy wel aangekla is nie.
Pogings om kommentaar by die eenheid te kry was tot dusver onsuksesvol.
