News

Vingerlek-lekker kreef! – Landbou navorsing oor varswaterkreef gestriem, swartmark blom

Daar is teenstrydige sienings oor die indringer varswaterkreef wat ’n vooraanstaande landbounavorser in akwakultuur verbonde aan die Mpumalanga landbou departement, mnr. Len Coetzer meen, reeds oor 20 jaar “onuitwisbaar” in ons akwatiese sisteme gevestig is, en nie maklik ontslae van geraak sal kan word nie.

Uit ’n bewaringsoogpunt word die kreef gesien as ’n indringer wat akwatiese sisteme vernietig, maar volgens mnr. Coetzer is daar nog geen nagevorsde bewyse dat die kreef oor bykans 30 jaar, enige akwatiese sisteme gedegradeer het nie.

Mnr. Coetzer sê dat daar tot dusver niks gedoen is om die kreef se aanwas te reguleer nie, en dat daar tans ook geen bestuursplan, volgens die wet is, met duidelike riglyne oor hoe die kreef uitgeroei sal word nie.

Mnr. Coetzer sê dat die kreef hier is om te bly en dat bewaring eerder met landbou moet saamspan om ’n mark te skep vir die kreef, as om ’n bohaai op te skop oor ’n probleem wat dekadeslank oor die hoof gesien is.

Mnr. Coetzer sê dat die kreef wêreldwyd gesog is as luukse kossoort en minder gereguleer word as seekreef wat die aanvraag daarna opstoot.

Tans verhandel die varswaterkreef teen R300 per kilogram en $28 per kilogram in die buiteland.

Huidige standpunte dat die mannetjies gesteriliseer kan word, is ook nie haalbaar nie omdat minstens 10% van die bevolking tweeslagtig is. Die kreef broei ook in temperature so koud as 17°C en kan in beheerde omgewings soos tenks en damme geteel word.

Die kreef broei elke vier maande in water van een tot twee meter diep, waar tot 15 000 individuele krewe aangehou kan word.

Huidige wetgewing maak besit van die kreef onwettig, met net dooie krewe wat in mense se besit mag wees.

Mnr. Coetzer sê dat daar reeds ’n gevestigde handelsnetwerk vir die varswaterkreef is en dat samewerkingspakte tussen bewaring en gemeenskappe nie daartoe sal lei dat die kreef “uitgewis word nie, maar eerder die swartmark onderliggend sal versterk”. Die regering kan munt slaan uit die formalisering van die bedryf maar omdat daar geen dialoog tussen landbou, bewaring en ander rolspelers is nie, is bewaring se woord wet.

Mnr. Coetzer het reeds twee jaar gelede aansoek gedoen om ’n navorsingspermit, maar daar word elke keer gevra vir meer navorsing, wat nie bestaan nie omdat navorsingspermitte nie uitgereik word nie.

Vorige navorsing wat gedoen is, het bloot die aanwesigheid van die kreef op rekord geplaas, van Kwazulu-Natal tot Komatipoort tot Groblersdal en Noord-Wes. Vloede het ’n beduidende invloed op die migrasie van die spesie.

Die kreef het sy weg na Suid-Afrika gevind van Swaziland af waar daar wettiglik met hulle geboer is, vandaar in die Mosambiekse dreineringstelsel beland en daarna migreer na die Komatirivier en Krokodilrivier.

Bewaring het jare gelede die stryd teen forelboerdery verloor, ten spyte van voortdurende teenkanting van bewaring, wat steeds in ‘n hofstryd gewikkel is.

Daar hoef net gekyk te word na die ooreenkomste tussen Suid-Afrika en Australië met betrekking tot temperatuur en biodiversiteit om vas te stel dat die kreef baie gemaklik hier sal voortteel.

Die kreef het talle natuurlike predatore terwyl hyself omnivories is, maar nie karnivories nie, sê mnr. Coetzer.

Mnr. Coetzer bestempel die impak van die varswaterkreef in die afwesigheid van omvattende landbounavorsing so: “Op die vraag wat is die impak, wel dis eenvoudig, daar was nie van die kreef nie, en nou is daar”.

Naas die tafelwaarde van die kreef is daar ’n ander baie voordelige karaktereienskappe, en dit is dat die varswaterkreef nie jodium bevat nie. Boonop oorleef die kreef tot vyf dae in soutwater, wat van ‘n groot aantal ektoparasiete doodmaak.

“Die staatsdepartement behoort nie teen mekaar te baklei nie, maar eerder hande te vat, om bloot uit ’n bewaringsoogpunt te sê die kreef moet weg, met geen bestuursplan oor hoe om die probleem aan te spreek nie, is futiel,” sê mnr. Coetzer.

Hy verwag sterk teenkanting uit bewaringskringe maar sê dat dit ook bloot “warm lug sal wees terwyl die kreef se voetspoor uitkring”.

“Die punt is dat daar op beide bewaringsvlak en landbouvlak baie meer navorsing oor die varswaterkreef behoort te wees, terwyl die tekort daaraan enige navorsingsvooruitsigte, veral uit ’n landboukundige oogpunt, striem, en in plaas wan ’n wen-wen situasie, word die stryd verloor”.

 

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button