News

Groot vraag na vitamines

Middelburg apteke voer ’n stryd om rakke vol te hou teen toenemende siektes en die opvul van voorskrifte terwyl stormkopers hulle leegdra.

Die styg van die derde golf het ontaard in ’n gemeenskaplike drang na wondermiddels, wat vitamines en immuunversterkers insluit, en is ook die rede hoekom daar ’n landwye tekort is aan lewensnoodsaaklike middels.

•Hoofapteker van Mom’s Apteek in Kanonkop, Angelique Bothma, het bevestig dat die apteek sukkel om voor te bly met aankope van onder andere vitamine C, D3, sink en kruie kombinasies, en dat suurstof silinders en suurstof meters veral ook op aanvraag is.

Hulle het opgemerk dat daar tans ’n toename in siektes en voorskrifte is.

“Ons wil mense ten sterkste afraai om hulleself oor te gee aan paniek en die stormaankope soos ons van die begin van inperkings gesien het. Mense spits hulle veral toe op suurstof en suurstofmeters wanneer hulle dit nie nodig het nie en dan lê dit by die huis wanneer iemand anders dit bitter nodig het.”

Sy het bygevoeg dat mense hulle vitamines moet koop, by die huis bly, hande was en saniteer en hulle maskers dra.

“Mense wat toets vir die virus is ook geneig om daarna apteek toe of gou winkels toe te gaan. As jy getoets het, moet jy dadelik isoleer want as jy positief is, steek jy almal aan.”

•Die hoofapteker by Clubville Apteek, Jacqui Clapton, sê dat die entstof ons redder gaan wees.

Hulle kry baie navraag oor Ivermektien en hou dit glad nie aan nie, omdat hulle mense wil aanmoedig om die entstof te kry.

Die apteek het ’n groot aanvraag vir vitamines.

Hulle help graag met die registrasie proses van die entstof en neem selfs klante na die spuitpunte indien dit nodig is.

•Mnr Abdool Osman van Eastdene Apteek sê dat vitamines, immuunversterkers en suurstof vinnig verkoop.

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button