News

Kry jou resepteboek met grendeltyd geregte – lesersindruk deur Louise Viljoen

Melkbos Rotariërklub het ’n besondere resepteboek in Engels gepubliseer, waarvan die opbrengs sal gaan om die Rotariërs se prysenswaardige gemeenskapswerk te versterk en ook die swaarkry wat deur COVID-19 veroorsaak word, te verlig.

Lockdown Recipes & Stories beslaan 114 bladsye propvol resepte en stories deur bekendes, sjefs en ook tuiskokke.

Geïnspireer deur die nasionale grendeltyd, vier die publikasie kreatiwiteit en veerkragtigheid te midde van moeilike omstandighede.

Suid-Afrikaners laat hulle immers nie maklik onderkry nie.

Ons hartlike en gasvrye geaardhede en ons liefde vir kos bind ons saam.

Daarom dat gesinne gedurende grendeltyd graag saam in die kombuis bak en brou – min dinge kom immers by trooskos. As ’n mens se maag vol is, sien jy kans vir enigiets.

Hierdie resepteboek spog met lieflike volkleurfoto’s en 42 watertandresepte. Die bydraers deel ook hartverwarmende stories oor hoe hulle die grendeltyd sien en ervaar.

Daar is drie hoofstukke getiteld “Something Light”, “Main Meals” en “Sweet Things”.

Dit is duidelik dat mense so optimisties as moontlik probeer bly, en intussen doen hulle wat hulle hand vind om te doen voor die stoof en elders. Aan planne is daar nie ’n tekort nie.

’n Erelid van Melkbos Rotariërklub, Clem Sunter, skryf dan ook die volgende: “Many South African innovations and plans saw the light as we are a resilient nation. These new innovations and work methods will benefit the world at large long after lockdown, just as this recipe book will.”

Van die bydraers wie se gunstelingresepte in Lockdown Recipes & Stories opgeneem is, is Anna-Mart van der Merwe, Coenie de Villiers, Albert Maritz, Corné Krige, Jak de Priester, Lize Beekman, Reuben Riffel, Schalk Bezuidenhout en Marion Holm.

Hannes van Wyk deel sy heerlike souttertresep op bladsy 24. Wynand Moller se smaaklike bobotieresep pronk op bladsy 78.

En as jy hou van choc-chip cookies hou, gaan Simoné Pretorius se maklike resep jou beïndruk.

Bertus Basson se melkkosresep is ook glad nie te versmaai nie.

My gunstelingresepte is Cintaine Schutte se tuna quiche op bl. 18, André de Villiers se potjiekos op bl. 40 en Lea Vivier se vegan twix bars op bl. 92. Vir Germandt Geldenhuys was die aanvanklike kwarantynperiode ’n positiewe ervaring. Hy skryf op bl. 46: “I rediscovered the joy and subtleties of slow living.”

Lize Beekman skryf op bl. 56: “I will always associate this lockdown with having the privilege of reading a life story of unfathomable hardship (sy verwys hier na The Choice: Embrace the Possible deur Edith Eva Eger), ultimately manifesting in life and hope.”

Lees agter in die boek meer oor die Rotariërs en hul projekte.

Dis voorwaar inspirerend om te sien hoe gewone mense in hulle gemeenskap ’n verskil aan ander se nood maak. Welgedaan, Melkbos Rotariërklub, julle dien tot voorbeeld!

Bestel jou kopie van Lockdown Recipes & Stories by www.lockdownrecipes.co.za

Skrywer Louise Viljoen wat die lesersindruk oor die boek vir www.mobserver.co.za geskryf het.

 

•Boekwurm Louise Viljoen is ’n vryskutresensent, -skrywer, -manuskripontwikkelaar, -redigeerder en -proefleser. Sy werk heeldag met stories – haar eie en ook dié van ander.

Dit is haar passie om skrywers te help om hulle manuskripte te slyp. Sy lees dus vir werk én vir ontspanning.

Daar het al honderde boekresensies en artikels sowel as twee kinderboeke, ’n geestelike roman en ’n wetenskapsfiksieboek uit haar pen verskyn. Haar kortverhale is in verskeie tydskrifte, waaronder Huisgenoot en Rooi Rose, gepubliseer.

Louise was voorheen skoolhoof by ’n privaat Engelse Christenskool en is tans besig met nagraadse teologiese studies.

Sy is van die pragtige kusdorpie, Jeffreysbaai in die Oos-Kaap.

 

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434, send an email to our newsroom or contact our standby number 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook page or join our WhatsApp group for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button